Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF maan konstitusionele hof en dreig oor Eskom
Julius Malema Sondag aan die woord op die EFF se nasionale konferensie in Nasrec, Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Die konstitusionele hof moet nie beïnvloed word deur “Ramaphoria” in sy beslissings oor twee aansoeke wat tans voor hom dien oor Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, nie.

So het Julius Malema, EFF-leier, Sondag gesê op ’n mediakonferensie op die party se verkiesingskongres by Nasrec in die suide van Johannesburg.

Hy het verwys na sowel die EFF as adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se aansoeke by dié hof teen ’n hooggeregshofbeslissing wat aan Gordhan ’n tydelike interdik toegestaan het teen die toepassing van dissiplinêre optrede teen hom in Mkhwebane se verslag oor die sogenaamde rogue unit in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Malema sê as die konstitusionele hof aan oudpres. Jacob Zuma gesê het hy kan nie die remediërende stappe wat die OB in die Nkandla-sage beveel het, ignoreer nie, moet dieselfde oor die rogue unit gesê word.

“Ons het deur ons regsverteenwoordigers aan die hof gesê die hof was baie duidelik oor Nkandla en kan nie nou halfhartig wees nie. Die hof kan nie koud oor Zuma en louwarm oor Jamnandas en Ramaphosa wees nie. Die wet moet die wet wees; ons het konsekwentheid nodig.

As die howe politieke kant begin kies, is dit verby met ons.
JULIUS MALEMA

“As die howe politieke kant begin kies, is dit verby met ons. Ons wag op die beslissing; kom ons kyk. Kom ons kyk of die hof deur Ramaphoria en die sogenaamde nuwe daeraad gekaap is,” sê Malema.

Regter Sulet Potterill het in haar hooggeregshofuitspraak ten gunste van Gordhan se aansoek bevind Mkhwebane se bevele is “vaag, teenstrydig en onsinnig”.

Malema het die EFF ook gevra om kragte saam te snoer met die mynwerkersvakbond Amcu, die metaalwerkersvakbond Numsa en die vakbondfederasie Saftu om te “mobiliseer” teen wat hy vrees die verkope van die land se staatsbeheerde entiteite onder die leierskap van pres. Cyril Ramaphosa is.

“Kan jy jou voorstel ’n optog van die EFF, Numsa, Amcu en Saftu? Ons kan die land skud. 2020 gaan ’n jaar van aksie wees . . . Die eerste teiken is Eskom. Niemand gaan Eskom verkoop op ons wagbeurt nie,” het Malema gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.