Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF-man eis ekskuus van DA oor diefstalsaak

Nazier Paulsen, ’n EFF-parlementslid wat deur die DA-beheerde Wes-Kaapse wetgewer beskuldig is dat hy ’n skootrekenaar gesteel het, gaan die betrokke DA-LUR’e vir skadevergoeding dagvaar.

Die staat het Donderdag in die landdroshof in Kaapstad hul diefstalsaak teen Paulsen teruggetrek. Die destydse speaker van die wetgewer, Sharna Fernandez, wat nou die LUR van maatskaplike ontwikkeling is, het die klag van diefstal aanhangig gemaak.

Nazier Paulsen. Foto: Leanne Stander

Die Wes-Kaapse wetgewer het aangevoer dat Paulsen ’n skootrekenaar gesteel het wat aan hom as ’n lid van die Wes-Kaapse wetgewer toegewys was.

Paulsen het volgehou hy het die skootrekenaar, wat hy in 2015 gekry het, slegs saam met hom geneem om eers sy persoonlike data daarop te verwyder.

Hy het dit wel later teruggegee, maar is steeds van diefstal aangekla.

Paulsen het Fernandez, asook die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en DA-LUR Ricardo McKenzie tot volgende Vrydag kans gegee om verskoning te vra vir die skootrekenaar-saak wat vir vier jaar lank uitgerek is en hom oneindige stres veroorsaak het.

“As hulle weier om verskoning te vra, sal ek dit deel maak van die eis wat my prokureurs mettertyd teen hulle sal instel. In ruil vir hul bereidwilligheid om saam te werk, sal ek toegeeflik wees, iets wat hulle nie teenoor my kon wees nie toe ek verskeie pogings aangewend het om op ’n vriendelike manier die probleem op te los.”

Paulsen sê hy het uit die staanspoor volgehou dat hy onskuldig is.

“Ek moes die vernedering verduur en is deur verteenwoordigers van die DA op sosialemedia-platforms as ’n dief en leuenaar uitgemaak.”

Paulsen sê die saak is teruggetrek en nou sal die DA-lede moet pa staan vir hul gedrag.

“Ek het nog nooit in die integriteit van ons regstelsel getwyfel nie, want ek het geweet hulle sal op die feite van die saak sou fokus en nie die politieke aanval van ’n party nie.”

Paulsen sê die DA was net van voorneme om hom en sy party se reputasie te beskadig.

Meer oor:  Da  |  Eff  |  Parlementslid  |  Skootrekenaar  |  Gesteel  |  Skadevergoeding  |  Eis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.