Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF: OB die rede waarom Vrede-klagte teruggetrek is

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, se hantering van die Vrede-suiwelplaas in die Vrystaat is een van die redes waarom die strafregtelike klagte daaroor voorlopig teruggetrek is, meen die EFF.

Busisiwe MkhwebaneFoto: Jaco Marais

Thilivhali Mulaudzi, EFF-LP, het Woensdagoggend tydens ’n sitting van die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste gesê dat Mkhwebane daarom ook nie geskik is om haar pos te beklee nie.

Dit was tydens ’n debat waar die komitee moes besluit of die parlementêre proses bespoedig moet word om Mkhwebane uit haar pos te verwyder.

Dit volg nadat John Steenhuisen, DA-hoofsweep, vroeër die parlement versoek het om die proses te bespoedig, veral ná die hooggeregshof in Noord-Gauteng se vroeëre negatiewe bevindings teen Mkhwebane in die Absa-, Ciex- en Reserwebank-hofgeding.

Die meerderheid ANC-LP’s was Woensdagoggend egter almal gekant dat Mkhwebane uit haar pos verwyder word.

Mulaudzi het in sy spreekbeurt onder meer gesê dat Mkhwebane vroeër vanjaar in die parlement deur LP’s gevra is oor waarom sy in haar verslag oor die Gupta-verwante Estina-suiwelplaas net staatsamptenare en plaaswerkers geïmpliseer het. “Sy het nie politici soos Ace Magashule en Mosebenzi Zwane daaroor ondersoek nie. Sy het later in die parlement aangedui dat sy hulle nou sal ondersoek. Dit is deur haar optrede dat die land nou onderwerp is aan ’n regsdwaling. Dít is waarom die strafregtelike klagte in die Vrede-aangeleentheid teruggetrek is,” het Mulaudzi gesê.

Die komiteesitting duur voort.

Meer oor:  Adv. Busisiwe Mkhwebane  |  John Steenhuisen  |  Vrystaat  |  Politiek  |  Da  |  Openbare Beskermer (Ob)  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.