Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF-plakkate in Pta met spuitverf getakel

Van die EFF se verkiesingsplakkate in Pretoria het onder vandale deurgeloop.

’n Prentjie van manlike geslagsdele is gespuitverf oor die gesig van Julius Malema, leier van die EFF, op een van dié party se verkiesingsplakkate. Verskeie van die EFF se plakkate in Lynnwoodweg, Pretoria, is só gevandaliseer. Foto: ISABEL VENTER
Die verkiesingsplakkate van die EFF in Lynnwoodweg, Pretoria, wat met spuitverf bygekom is. Foto: ISABEL VENTER

Prentjies van manlike geslagsdele is op verskeie plakkate van die EFF in swart gespuitverf, ook plakkate met die leier, Julius Malema, se gesig daarop.

Die meeste van die plakkate wat gevandaliseer is, is op lamppale in Lynnwoodweg naby die Universiteit van Pretoria (UP) se hoofkampus.

Rikus Delport, woordvoerder van die UP, het by navraag gesê die universiteit kan niks doen nie. “As dit nie op die universiteit se gronde is nie, is dit ’n saak vir die stadsraad en die Verkiesingskommissie (OVK).”

Die OVK het Dinsdag by navraag gesê dit is ’n ernstige oortreding om verkiesingsplakkate te beskadig. Indien iemand gevang word, kan hy of sy ’n boete van tot R200 000 of ’n maksimum van tien jaar tronkstraf opgelê word.

’n Politieke party wat ’n ander party se plakkate beskadig of steel, kan ook beboet word of selfs geskors word van deelname aan die verkiesing.

Die EFF het nie gereageer op navrae deur Netwerk24 nie.

Meer oor:  Eff  |  Pretoria  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.