Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF rep g’n woord oor Shivambu se broer in VBS-verslag

Die EFF het Woensdag gesê diegene wat genoem word in die Reserwebank se verslag oor die beleërde VBS Mutual Bank wat van R2 miljard “gestroop” is, moet vervolg word, maar het nie spesifiek gereageer op die feit dat Brian Shivambu, broer van Floyd Shivambu, die party se adjunkpresident, in die verslag genoem word nie.

Hy het volgens die verslag meer as R16 miljoen ontvang.

In die verslag word beweer dat die bedrog moontlik die grootste “bankroof” in die land is waarin munisipale beleggings en belastingbetalers se geld betrokke was.

Brian Shivambu en sy broer Floyd. Foto: Facebook/Gallo

Mbuyiseni Ndlozi, die party se nasionale woordvoerder, het egter sy spyt uitgespreek dat die “swart beheerde” bank nie van ondergang gered kan word nie.

“Diegene wat onregmatig deur bedrog bevoordeel is, moet strafregtelik vervolg word. Hulle moet op ’n swartlys geplaas word. Die owerhede moet die geld van die individue probeer verhaal.

“Dit is kommerwekkend dat die bank nie gered kan word nie. Om dit te sluit bemoeilik pogings om swart deelname in die finansiële sektor te bewerkstellig. ’n Reddingsplan moet saamgestel word om swart banklisensiehouers te bemagtig om mense in landelike gebiede met banksake te help.

“Dit is kommerwekkend dat die onreëlmatighede sedert 2015 nie deur gevierde waghonde of die Reserwebank opgemerk is nie. Dit was eers die bank se lening aan Jacob Zuma wat die aandag op die bank se bedrywighede gevestig het.

“Die Reserwebank moet sy prosedures en meganismes hernu. Die VBS-debakel wys ook op die Reserwebank se versuim om burgers teen swendelary te beskerm.”

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Politiek  |  Vbs  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.