Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF sal 2 joernaliste ‘in hof sien’

Die EFF is reg vir nog ’n hofgeding.

Dit kom nadat die veteraanjoernalis Thandeka Gqubule en koerantman prof. Anton Harber verlede week ’n ultimatum aan die party gestel het om om verskoning te vra nadat sy leier, Julius Malema, hulle “Stratcom-spioene” genoem het. Gqubule en Harber het hul eise by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien. Hulle wil hê die EFF moet sy bewerings terugtrek en ’n onderneming gee om dit nooit te herhaal nie.

Die twee eis onderskeidelik R500 000 skadevergoeding van die EFF, wat aan liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Prof. Anton HarberFoto: Argief

Hul eis spruit uit ’n video-onderhoud met Winnie Madikizela-Mandela deur HuffPost SA vroeër vanjaar. In dié onderhoud sonder Madikizela-Mandela vir Gqubule, Harber en Nomavenda Mathiane uit as Stratcom-spioene.

Kort hierna het die EFF ’n verklaring uitgereik waarin hy ’n beroep gedoen het op Gqubule en Harber om “te bely en om vergifnis te vra” omdat hulle vir Stratcom gespioeneer het.

Gqubule en Harber het intussen dokumente bekom wat glo bewys Stratcom het eintlik op húlle gespioeneer.

Godrich Gardee, die sekretaris-generaal van die EFF, het Donderdag aan Netwerk24 gesê “ons sal hulle in die hof gaan ontmoet”.

Meer as dit wou hy nie daaroor sê nie.

Die sewe dae om te reageer op Gqubule en Harber se eis, het Donderdag verstryk.

Malema het vroeër in ’n onderhoud met die nuuskanaal eNCA verduidelik hy het bloot Madikizela-Mandela se woorde herhaal. Hy het Gqubule en Harber aangeraai om vir Madikizela-Mandela en HuffPost te vra om jammer te sê.

Gqubule het by navraag gesê sy kan nie kommentaar lewer nie, want die saak is in die hof se hande.

Madikizela-Mandela is op 2 April vanjaar oorlede.

Meer oor:  Eff  |  Thandeka Gqubule  |  Julius Malema  |  Anton Harber  |  Joernaliste  |  Verskoning  |  Hofgeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.