Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF storm in sitting in Tshwane in: ‘Dank Aucamp af’

Die EFF in Tshwane het Woensdag ’n sitting van die metro se burgemeesterskomitee ontwrig en die onmiddellike afdanking van Marietha Aucamp, personeelhoof in die kantoor van die uitvoerende burgemeester, geëis nadat ’n herrie oor haar aanstelling en kwalifikasies losgebars het.

Selby Bokaba, metrowoordvoerder, het bevestig dat EFF-lede ingestap het by die vergadering en daarop aangedring om met Solly Msimanga, die burgemeester, te praat.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: Deaan Vivier

Benjamin Disoloane, EFF-voorsitter in die Tshwane-metro, het in ’n verklaring gesê hul lede het ’n vreedsame protesoptrede gereël om aan te dring op Aucamp se onmiddellike afdanking.

“Ons verwerp ten sterkste die uitvoerende burgemeester se besluit om me. Aucamp op spesiale verlof te plaas. Ons dring daarop aan dat sy onmiddellik afgedank word en dat sy haar salaris wat sy sedert September 2016 ontvang, terugbetaal,” sê Disoloane.

“Ons het by verskeie geleenthede ’n klomp klagtes oor Aucamp en Cilliers Brink, burgemeesterskomiteelid, in die raad opgehaal. Ons het gevra hoekom Aucamp toegelaat word om komitees te lei, wat nie haar verantwoordelikheid is nie.

“Ons glo Aucamp is sonder kwalifikasies as personeelhoof aangestel omdat sy wit is en DA-hoofsweep in die raad was, ten einde die uitvoerende burgemeester saam met haar bondgenoot Cilliers Brink te monitor en hom te mikrobestuur.”

Die EFF het ook gevra dat Brink uit sy pos verwyder word en dat die amptenare in die departement van mensehulpbronne wat betrokke was by Aucamp se aanstelling geskors word.

Die metro het Aucamp Woensdag op spesiale verlof geplaas terwyl haar aanstelling en die kwalifikasies wat sy aangedui het, ondersoek word.
Aucamp verdien glo ’n salaris van R1,2 miljoen per jaar in dié pos.

Bokaba sê Msimanga het ’n ondersoek na die aangeleentheid gelas.

Meer oor:  Marietha Aucamp  |  Solly Msimanga  |  Eff  |  Tshwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.