Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF uit wetgewer geskop oor onvanpaste kleredrag

Die lewering van die Oos-Kaap se provinsiale rede in Bhisho het Dinsdagoggend begin met die verwydering van EFF-lede.

Die lede is gevra om die wetgewer te verlaat, omdat hulle ingevolge die reëls onvanpas aangetrek is.

Veiligheidswagte het die EFF-lede in hul rooi oorpakke kort daarna in ’n ligte onderonsie verwyder.

Hierna het Helen Sauls-August, die speaker, Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, ook versoek om homself uit die wetgewer verwyder.

EFF-lede word uit die sitting vir die Oos-Kaapse provinsiale rede verwyder. Foto: Skermgreep

Dit kom nadat hy die speaker aanhoudend probeer aanspreek het, terwyl sy gesê het dat hulle nie die EFF se kleredrag gaan toelaat nie.

Bhanga het nie die wetgewer verlaat nie en Sauls-August het gesê sy sal die saak by die etiese komitee aanmeld.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaap se premier, het kort daarna sy provinsiale rede gelewer.

Meer oor:  Bhisho  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.