Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF veroordeel ‘privatisering van SAL’
Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

Suid-Afrika sal nie meer oor ’n nasionale lugdiens beskik as die konsortium van beleggers 51% van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) besit nie, sê die EFF.

Dié party het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, in ’n verklaring as onbekwaam uitgekryt oor dié transaksie met die konsortium Takatso en gesê die staat sal nou net 49% van die lugdiens besit.

Die aandele wat die konsortium gekoop het, plaas hom in volle beheer van die SAL. Dit wys net dat die program om alle staatsondernemings op te veil, vinnig momentum kry,

“Die aandele wat die konsortium gekoop het, plaas hom in volle beheer van die SAL. Dit wys net dat die program om alle staatsondernemings op te veil, vinnig momentum kry,” het die EFF gesê.

Die party beskuldig ook pres. Cyril Ramaphosa daarvan dat sy hoofdoel is om die nasionale bates van die land te privatiseer.

“Teen die tyd dat sy termyn eindig, sal alle basiese behoeftes van die land bestuur word deur private kapitaal wie se belange en lojaliteit uitsluitlik om wins gaan,” het die EFF gesê.

Die party het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om te veg teen “die herkolonisering en opveiling van ons land”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.