Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF verwelkom besluit oor munisipale bestuurder

Die EFF het die besluit van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering om die aanstelling van die munisipale bestuurder in Sasolburg af te keur, verwelkom.

Dit volg op Oupa Khoabane, die LUR, se besluit om nie die aanstelling van Lindi Molibeli van die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit in die Noord-Vrystaat te bekragtig nie.

Oupa Khoabane

In Khoabane se verklaring meld hy dat die proses om Molibeli aan te stel, nie wettig was nie.

Molibeli was voorheen in die nuus toe Magugudi Oliphant, die destydse burgemeester, nie haar kontrak as munisipale bestuurder wou hernu nie. Molibeli het na bewering miljoene rande van die munisipale begroting vir ’n hooggeplaaste se begrafnis goedgekeur.

Destyds het opposisiepartye Oliphant teen die ANC gesteun.

Mandisa Makesini, die EFF se provinsiale voorsitter, sê Khoabane se besluit is bewonderenswaardig.

“Tog moet ons benadruk dat die LUR twyfelagtige aanstellings in senior administratiewe poste in al die munisipaliteite in die provinsie moet nagaan.

“Ons versoek ’n deeglike en objektiewe hersiening van alle senior aanstellings in die provinsie. Die betreurenswaardige toestand van die plaaslike regering gee ons slapelose nagte. Dit het nadelige gevolge vir dienslewering en die algemene welstand van ons mense.

“Ons versoek dat alle senior bestuurders in plaaslike regerings se kwalifikasies geoudit word. Die ouditverslae moet openbaar gemaak word in die belang van deursigtigheid en om nepotisme hok te slaan.

“Die EFF in die Vrystaat sal nie rus totdat staatsinstellings deur geloofwaardige mense wat wettig aangestel is, bestuur word nie. Hulle moet aan die akademiese en professionele vereistes voldoen,” sê Makesini.

Meer oor:  Eff  |  Sasolburg  |  Munisipale Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.