Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF wil Lungisa bystaan

Dit blyk dat die EFF in die Nelson Mandelabaai-metro sy gewig agter die beleërde ANC-metrostreek en Andile Lungisa ingegooi het.

Die EFF het Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin hy sê hy steun die huidige administrasie van die munisipaliteit, “wat omsien na die belange van die armes en toegewyd is daaraan om die mense in sy gebied op te hef”.

Andile Lungisa Foto: Argief

Die EFF het ’n groot rol in die verwydering van die voormalige DA-burgemeester, Athol Trollip, en sy koalisieregering gespeel. Die party se vennootskap met die DA in die metro het skipbreuk gely toe die DA nie sy mosie op nasionale vlak gesteun het om wysiging van die Grondwet om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak nie. Die EFF-leier, Julius Malema, het toe Trollip se kop geëis.

Die EFF het saam met die ANC, UDM, UF en AIC teen Trollip gestem sodat sy teenstander Mongameli Bobani hom kon verslaan.

Hector Peter, sekretaris van die EFF in die metro, sê in ’n verklaring die munisipale regering kan op sy samewerking staatmaak.

Dit kom nadat die provinsiale ANC oorlog teen die streekleierskap en Lungisa verklaar het. Lungisa, wat deur die provinsiale uitvoerende raad gevra is om as raadslid te bedank, het geweier.

Peter het ’n beroep gedoen op koalisievennote om toe te sien dat die administrasie ongeskonde bly en nie verdeeldheid te saai nie.

“Moenie dat die koalisie gebruik word om die belange van sekere individue, politieke partye en eng faksie-agendas van enigiemand te bevorder nie. Tree opreg op met wedersydse respek om die belange van die inwoners te bevorder.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.