Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
EFF wil premier van O-Kaap se rede boikot
Phumulo Masualle, Oos-Kaapse premier. Foto: Argief

Die EFF beoog om die Oos-Kaapse provinsiale rede te boikot indien die rede deur die huidige premier gelewer word.

Litha Zibula, EFF-leier in die wetgewer, sê Phumulo Masualle, Oos-Kaapse premier, kan nie langer as die leier van die provinsie beskou word nie en is nie daarop geregtig om die staatsrede te hou nie.

“Die huidige premier het ’n aanklag van bedrog teen sy naam. Hy behoort in die tronk,” het Zibula Dinsdag gesê.

Die EFF het vroeër vanjaar ’n diefstalklag teen Masualle aanhangig gemaak in verband met R200 000 wat na bewering in sy rekening betaal is tydens begrafnisreëlings vir oudpres. Nelson Mandela.

Zibula sê Masualle is ’n onbevoegde leier.

“Die provinsie val uitmekaar. Die onderwysdepartement het groot uitdagings en hy doen niks daaraan nie.

“Ons soek nuwe bloed in die Oos-Kaapse leierskap en daarom het ons ’n voorstel vir ’n wantrouemosie aan die speaker gestuur.”

Zibula sê buiten ’n kennisgewing van ontvangs is daar geen verdere briewe van die speaker ontvang nie.

“Ons wil hê elke persoon in die provinsie moet hulle Vrydag doof hou vir die premier. Hulle moet hul televisies en radio’s afskakel wanneer hy praat.”

Hy sê daar word ook aan ’n optog buite die wetgewer in Bhisho beplan, sê Zibula.

Gift Ngqondi, ANC-woordvoerder, sê die provinsiale rede sal Vrydag gewoon voortgaan.

“Die EFF het slegs twee sitplekke in die wetgewer; hulle sal geen verskil maak nie.

“Wanneer hulle praat, is dit soos om na dronk mense in ’n sjebien te luister. Dit maak nie sin nie.

“Hulle wil net hul nasionale leierskap se aksies namaak, terwyl hulle geen verskil in die lewens van die provinsie se mense maak nie,” het Ngqondi op die EFF se planne gereageer.

Ngqondi is vas oortuig dat ’n wantrouemosie nie teen Masualle sal slaag nie.

Wanneer hulle praat, is dit soos om na dronk mense in ’n sjebien te luister. Dit maak nie sin nie.

Bobby Stevenson, DA-leier in die wetgewer, sê geen wantrouemosie teen Masualle is tot dusver op die agenda van die wetgewer nie.

Intussen hoop Stevenson dat Masualle Vrydag werklik aandag sal gee aan van die Oos-Kaap se ergste probleme.

Volgens Stevenson sluit dit onder meer in ’n aankondiging oor die voortslepende droogte en uitwerking daarvan op die provinsie se onderskeie sektore, die padnetwerk, die onderwyskrisis, asook ’n plan teen die hoë werkloosheidsyfer.

“Daar is tans meer as 700 000 mense in die provinsie wat steeds werkloos is.

“En weer eens het ons matrikulante die laagste slaagsyfer in die land gehad. Die lys van onderwysprobleme rakende infrastruktuur en tekort aan onderwysers is ook baie lank.”

Hy sê die provinsie hoop op verandering.

“Die mense wil iets meer as leë woorde hê. Daar moet nou aksie saam met die planne kom.”

Meer oor:  Eff  |  Phumulo Masualle  |  Oos-Kaap  |  Wantrouemosie  |  Boikot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.