Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Eie mening verdwyn as jy lid is van organisasie, sê Ace

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini, bly in haar pos ondanks die feit dat sy aangekla word van finansiële wangedrag, sê Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC.

Hy het by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Pretoria tyd gemaak om met joernaliste te praat en gesê die party gaan nie oorhaastig optree nie ten opsigte van dié die burgemeester wat vroeër in die hof in Durban verskyn het.

Zandile Gumede. Foto: Jabulani Langa

“Daar is iets soos die wet van natuurlike geregtigheid en ons sal daarby hou. Die persoon moet gehoor word. Die persoon kan nie goedsmoeds in die openbaar skuldig bevind word nie.”

Dit was die ANC se eerste NUK-vergadering ná die verkiesing op 8 Mei waar die party al die provinsies waar hy voorheen regeer het, behou het – ofskoon dit met ’n kleiner meerderheid was.

’n Nabetragting oor die verkiesing en die ANC se vertoning sal waarskynlik deel wees van die program.

Nadat pres. Cyril Ramaphosa Woensdag sy kabinet aangekondig het, het Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, en Tony Yengeni, ’n senior ANC-leier, Ramaphosa gekritiseer omdat hy Pravin Gordhan in sy kabinet aangestel het ondanks die openbare beskerming se bevinding teen hom.

Dit is waarskynlik waarom Magashule ANC-leiers gevra het om nie vuil wasgoed in die openbaar te was nie.

“Dit sal ’n punt van bespreking wees. Ons spreek leiers aan, ons herinner hulle dat hulle nie individue is nie, maar deel van ’n kollektief. Soms maak mense foute omdat hulle meen hulle kan sê wat hulle dink. Maar as jy eers deel van ’n organisasie is, bestaan ’n eie mening nie,” het hy gesê.

Magashule het ook die ANC se verkiesingslys verdedig waarop name was van leiers wat deur die party se integriteitskomitee ondersoek is om te besluit oor hul bevoegdheid om openbare verteenwoordigers te wees.

“Julle sien almal in die parlement. Ons sal dus die verslag van die integriteitskomitee op die regte tyd bespreek. Daar is nie nou tyd nie.

“Maar hulle is almal in die parlement omdat niemand aan enigiets skuldig bevind is nie, omdat ons hulle die voordeel van die twyfel gee.

“Die lede het regte. Ons het geluister na die geraas van die media, iets wat ek meen ’n fout was. Ons moet dit regstel en optree volgens wat die Grondwet vir ons sê,” sê hy.

Meer oor:  Anc  |  Ace Magashule  |  Zandile Gumede  |  Ethekwini  |  Aangekla  |  Pos  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.