Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Eiendomsreg mag nie net ’n paar beskore wees’

Eiendomsreg moenie soos in die verlede net ’n paar mense beskore wees nie, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het in ’n onderhoud met Bloomberg-TV in Londen, waar hy Donderdag en Vrydag die leiersberaad van die Statebond bywoon, gesê die grondkwessie in Suid-Afrika sal binne die raamwerk van die Grondwet hanteer word.

“Ons wil ’n gesprek voer om die grondkwessie breedvoerig te bespreek. Ons wil hê die beskerming van eiendomsreg moenie net die beskerming van eiendomsreg vir ’n paar mense wees soos in die verlede nie,” het Ramaphosa gesê.

“Ons ekonomie word beperk deur die feit dat die grond, wat ’n kragtige hulpbron is, net vir ’n paar gereserveer is. Ons moet die grond deel.”

Pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand in Londen op die banket van die Statebond se sakeforum saam met Inga Beale, uitvoerende hoof van die versekeringsreus Lloyd’s of London.Foto: Reuters
Afrika het nie net groter vlakke van beleggings nodig nie, maar ook dié soort beleggings wat die lewens van die armes en die kwesbares kan verbeter.

Ramaphosa, wat Dinsdag onderskeidelik met koningin Elizabeth II en Theresa May, die Britse premier, afsprake gehad het, het Woensdagmiddag ook ’n byeenkoms van Afrika-leiers op die Statebondberaad toegespreek.

“Daar is ’n ou Afrika-spreekwoord wat sê ‘as jy vinnig wil beweeg, gaan alleen, maar as jy ver wil gaan, gaan saam’.

“Dit is wat ons (Afrika se) benadering tot (ekonomiese) groei, ontwikkeling en vooruitgang moet wees,” het die president gesê.

“Afrika het nie net groter vlakke van beleggings nodig nie, maar ook dié soort beleggings wat die lewens van die armes en die kwesbares kan verbeter.

“Die grootste struikelblok vir moontlike beleggers is die gebrek aan tasbare voorstelle oor groot projekte wat ’n impak het en gewaarborgde opbrengste lewer,” sê Ramaphosa.

Vir die grootste deel van die moderne geskiedenis het Afrika in die ontginning van sy baie natuurlike hulpbronne belê.

“Wat nou nodig is, is dat meer strategies en volhoubaar geïnvesteer word om die vaardighede van sy mense te ontwikkel, sy vervaardigingsbasis te vergroot en die geleenthede vir tegnologiese verandering en vernuwing aan te gryp,” het Ramaphosa gesê.

Die president het gesê hy hoop om tydens sy besoek aan die Britse hoofstad beleggers na Suid-Afrika en die res van Afrika te lok.

Meer oor:  Eiendomsreg  |  Samesprekings  |  Cyril Ramaphosa  |  Brittanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.