Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ek het dit nie, sê Nxasana oor R10 m.

Mxolisi Nxasana, die voormalige direkteur van openbare vervolging, het in ’n eksklusiewe onderhoud met eNCA gesê dat hy nie die R10 miljoen kan terugbetaal nie omdat hy die geld bestee het.

Die konstitusionele hof het Maandag beslis die uitbetaling van R17 miljoen, vir Nxasana om sy pos te ontruim, was ongrondwetlik en hy moet R10 miljoen daarvan terugbetaal.

Mxolisi Nxasana Foto: Deaan Vivier

Toe eNCA se Siphamandla Goge hom gevra het of hy die geld het, het hy geantwoord: “Ek het dit nie.

“Ek moes leef. Ek moes ’n inkomste verdien, my broer. Ek het skuld gehad en onthou, toe die geld ingekom het, het ek dit nie gesteel nie. Dit is in my rekening inbetaal. Ek het nie gewerk nie en ek het skuld gehad wat ek moes afbetaal.”

Hy het gesê hy sal wag om te hoor wat die reëlings is om die geld terug te betaal.

“Die hofbeslissing sê nie waar en aan wie ek hierdie geld moet betaal nie. Ek sal wag vir wie ook al ek die geld moet terugbetaal om my te nader en dan waarskynlik onderhandel.”

Die konstitusionele hof het Maandag ook die aanstelling van Nxasana se opvolger, Shaun Abrahams, ongeldig en ongrondwetlik verklaar.

Die hof het bevind dat oudpres. Jacob Zuma sy mag misbruik het in sy besluit om Nxasana uit die posisie te verwyder en dat Abrahams voordeel hieruit getrek het.

Meer oor:  Mxolisi Nxasana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.