Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ek kan DA rigting gee’

Die DA moet die onregte van die verlede erken en werk vir ’n regverdige Suid-Afrika gegrond op individuele vryheid, ’n markgegronde ekonomiese stelsel, die oppergesag van die Grondwet sowel as maatskaplike en ekonomiese geregtigheid.

Makashule Gana

Só meen Makashule Gana (36), ’n DA-wetgewerlid in Gauteng en ’n kandidaat vir die tussentydse partyleierspos.

“Die DA glo in ’n inklusiewe Suid-Afrika wat werk vir alle Suid-Afrikaners waarin elke burger ’n plek in die son het en hul regte ten volle deur die staat beskerm word.”

Gana is onlangs verkies tot voorsitter van die DA se provinsiale wetgewersnetwerk. Tussen 2014 en 2016 was hy ’n DA-LP en woordvoerder oor menslike nedersettings.

“Ek is gemotiveerd deur die oproepe van lede en aktiviste op grondvlak wat soos ek die DA liefhet. Saam sal ons die moue oprol en regmaak wat verkeerd is in die DA.”

Hy sê die DA kort ’n nuwe rigting; Suid-Afrika ook.

“Ek bring 17 jaar se toegewydheid as aktivis, lid en leier na die DA. Die party benodig ’n leier wat by kiesers en aktiviste aanklank kan vind. Ek is daardie leier.”

Gana sê hy het steun van oor die land heen. “Ek het my kanse oorweeg en is baie positief.”

Oor die raskwessie sê hy hy steun die konsep van regverdige diskriminasie in ooreenstemming met die Grondwet.

Sy vertrekpunt is dat die land slegs op die oppervlak geskraap het om die onregverdighede van die verlede reg te stel.

“Apartheid was ’n misdaad teen swart mense, bruin mense en Indiërs. Die herstel van ongeregtighede moet op ’n rassegrondslag geskied.”

Gana sê benadeelde mense sluit in diegene wat weens apartheid benadeel is, van wie die meeste swart is.

“Armoedeverligtingsprogramme moet egter alle armes help.”

Meer oor:  Makashule Gana  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.