Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ek wil ANC verdryf’ - Mashaba
Burgemeester
Herman Mashaba Foto: Argief

Herman Mashaba, burgemeester van die Johannesburg, skrik nie vir koue pampoen nie. Mashaba, wat deur ’n mosie van wantroue in die gesig gestaar word, sê diegene wat hom gekies het as burgemeester, sal besluit of hy burgemeester bly.

Hy het op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gepraat ná ’n vergadering van die DA se federale uitvoerende komitee.

Die ANC in die metro het mosies van wantroue ingestel teen Mashaba, Vasco da Gama, speaker, en Kevin Wax, hoofsweep.

“Op 22 Augustus 2016 is ek deur 52% van die raadslede gekies. Die ANC het teen my gestem. Ek is dus nie burgemeester van Johannesburg vanweë die ANC nie. As iemand my moet uitstem, is dit is die partye wat my as uitvoerende burgemeester gekies het, en ek sal dit aan hulle oorlaat,” het Mashaba gesê.

Die ANC het vroeër gesê die mosie teen Mashaba word gebring omdat hy en die DA “finansiële ondergang” vir Suid-Afrika se ekonomie bring.

“Om burgemeester te wees is die laaste pos wat ek wou hê; waarna ek nog altyd gestreef het, is om die ANC te verdryf,” het Mashaba gesê.

“Solank ons dié ANC-regering aan die bewind en in ons lewens het, sal ek aanhou veg.”

Mmusi Maimane, DA-leier, het gesê die party en sy koukus in Johannesburg is trots op die werk wat Mashaba gedoen het sedert hy drie jaar gelede die leisels oorgeneem het en steun hom ten volle. Hy glo die DA, saam met sy vennote in die koalisieregering in Johannesburg, sal die mosie verslaan.

“Ek het die leiers ontmoet, die mense wat ondertekenaars van ons koalisie-ooreenkoms is, en ons almal is op dieselfde bladsy. Ons stem saam dat ons teen die mosie moet stem,” het hy gesê.

Sy kommentaar kom te midde van bespiegelings dat die IVP, wat een van die DA se koalisievennote is, ten gunste van die mosie kan stem.

Die verhouding tussen die DA en die EFF het ook versleg. Julius Malema, partyleier, het vroeër gesê het dat hulle besluit het om nie meer saam met die DA te stem nie.

Die probleem vir die EFF in dié geval is dat hy dikwels sy steun en bewondering uitgespreek het oor hoe Mashaba die stad Johannesburg bestuur, en gesê het dat hy bereid is om hom burgemeester te maak, selfs al is die DA nie meer in beheer nie.

Terwyl Maimane en Mashaba nie kon sê of die EFF sy 30 stemme agter Mashaba sou gooi nie, het hulle gesê die komende mosie gaan nie oor samewerking met die DA nie, maar eerder oor die mense van Johannesburg.

Die ANC het 122 van die 270 setels en sal hulp benodig om ’n meerderheid en beheer van die raad met 136 stemme te kry.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Johannesburg  |  Politiek  |  Burgemeester  |  Metrorade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.