Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ekonomie: Daar moet nóú ingegryp word – Jonas

Suid-Afrika se ekonomie het ’n daadwerkliker ingrypingsplan as Tito Mboweni, minister van finansies, se jongste ekonomiese plan nodig.

Só het Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, Maandagmiddag in Kaapstad gesê. Hy was aan die woord by die Kaapstad Persklub by die Kelvin Grove-klub in Nuweland waar hy onder meer sy boek getiteld After Dawn: Hope after State Capture, bespreek het.

Mcebisi Jonas, South Africas deputy finance minist
Mcebisi Jonas. Foto: Getty Images

Hy was een van die eerste hoëprofiel politici wat die Guptas se grootskaalse kaping van Suid-Afrika blootgelê het.

Die land het “nie meer tyd nie”, sê Jonas, wat tans in die private sektor werk.

Hy meen Suid-Afrika beleef ’n leierskapskrisis wat ’n gebrek aan “groot idees” tot gevolg het om die land se probleme van armoede, werkloosheid, gebrek aan ekonomiese groei en dalende lewenstandaarde te takel.

Jonas is gevra of Mboweni en die nasionale tesourie se nuwe beleidsdokument om ekonomiese groei aan die gang te kry, genoeg is om die land se ekonomiese trajek weer in die regte rigting te kry.

Hierdie plan van Mboweni is onlangs bekend gemaak.

Jonas het gesê dit is altyd die prosesse rondom sulke planne wat saak maak.

“Elke keer wanneer daar ’n plan is, is daar ’n reeks prosesse en besprekings wat die aandag van die spesifieke plan aflei.”

Volgens hom is baie dele van Mboweni se nuutste plan geldig, hoewel daar sterker klem op veral die makro-ekonomiese kwessies gelê kan word.

Van die kwessies in die plan is volgens Jonas problematies.

Ek dink nie ons het tyd nie.

“Ek dink nie ons het tyd nie. Die regering moet intussen vorendag kom met ’n korttermynplan, onder meer wat ons te doen staan oor Eskom. Ons kan nie meer wag vir die groter (langtermyn-) planne nie.

“Die eerste stap is om met robuuste voorstelle vorendag te kom waarmee ons so gou moontlik uit die huidige gemors kan kom. Dit sal egter leierskap vereis.”

Jonas sê sy “grootste kommer” is dat daar nie onmiddellike ingrypingsplanne is nie.

Hy sê dat alhoewel die land se probleme kronies is, voorsien hy nie dat die land in nog ’n Venezuela of Mexiko sal verval nie.

“Maar ons is op ’n stewige afwaartse trajek, hoewel ons markte baie sterk is.

“Soos ons verder gly, sal dienste ook verswak. Dit sal meer politieke en maatskaplike ontevredenheid skep.”

Landsburgers moet meer aktief word en ’n nasionale konsensus of raamwerk vir die land moet ontwikkel word, maar Jonas meen daar “is hoop”.

Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier, wat ook die geleentheid bygewoon het, het tydens ’n vrae- en antwoordsessie gesê dat “ ’n kultuur van meriete” in Suid-Afrika ontwikkel moet word en dat korrupsie uitgeroei moet word, anders kan ons vergeet van ekonomiese groei om die huidige probleme te takel.

Meer oor:  Mcebisi Jonas  |  Ekonomie  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.