Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace: Ekonomie moet dringend in swart mense se hande kom

“Voorwaarts met RET, voorwaarts!” het Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal, Woensdag gesê op ’n kransleggingseremonie by die struggle-ikoon Charlotte Maxeke se graf in die Nancefield-begraafplaas in Soweto.

Hy sê die eienaarskap van Suid-Afrika se ekonomie moet so gou moontlik in die hande van swart mense kom.

Volgens hom moet radikale ekonomiese transformasie (RET) dit so gou moontlik verwesenlik.

“RET is die beleid wat by die ANC se Nasrec-verkiesingskonferensie in 2017 aanvaar is. Ons kan dit nie nou wil verander, verdraai en iets anders noem nie,” sê Magashule.

Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal, tydens sy toespraak Woensdag in Soweto. Foto: ANC

Hierdie vieringe kom in die tydperk van 30 dae wat die ANC Magashule en alle ander ANC-leiers verlede week gegun het om hul poste te ontruim omdat hulle van korrupsie en ander ernstige misdade in ’n hof aangekla word. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle geskors word.

Daar word sedert Sondag wyd gegis dat ondersteuners van Magashule en oudpres. Jacob Zuma uit ontevredenheid met bogenoemde opsystaan-besluit beplan om die land onder die RET-vaandel te ontwrig.

Die ANC het vroeër ook sy lede verbied om hulle te vereenselwig met die “verdelende” RET-faksie in die party, waarvan Magashule as die gesig beskou word.

Magashule was Woensdag egter uittartend en het ook aangevoer dat RET as ANC-beleid nie langer uitgestel kan word nie.

Hy meen dat veral swart vroue die gesig van die ekonomie moet wees, maar dat dit in die algemeen in besit van swart mense moet wees “omdat daar geen land in die wêreld is waar die meerderheid nie die ekonomie besit nie.

“Die droom wat (wyle oudpres. Nelson) Mandela, Maxeke en talle ander ANC-leiers vir Suid-Afrika gehad het – dat ons almal uit uiterse armoede kom – moet vandag en nie môre nie verwesenlik word.”

Die ANC se topsesleiers neem Woensdag aan landwye vieringe deel om die 150ste herdenking van Maxeke se geboorte te vier.

Pres. Cyril Ramaphosa sal dit later Woensdag in Fort Beaufort in die Oos-Kaap vier, adj.pres. David Mabuza in Ramokgopa, Limpopo, en Paul Mashatile, tesourier-generaal, in eThekwini.

• Lees later meer hieroor.


Meer oor:  Soweto  |  Anc-Faksies  |  Ret  |  Charlotte Maxeke  |  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.