Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ekonomie van O-Kaap moet voorrang geniet – premier

Onderwys is ’n baie belangrike prioriteit, maar die ekonomie van die Oos-Kaap het dringende aandag nodig om te groei, het die provinsie se premier, Phumulo Masualle, Donderdag in repliek op die opposisie se reaksie op sy provinsiale rede gesê.

Hy het verskeie onderwerpe, insluitende die ekonomie, onderrig, paaie, die voertuigvervaardigingsektor, en gesondheidsdienste aangeraak.

“Ons moet almal objektief en realisties wees. Vordering word gemaak, maar baie meer moet nog gedoen word.

Daar moet groter herproduksie wees en grondgebruik moet beter bestuur word sodat dit behoorlik aangewend word.

“Die onderwys-implementeringstransformasieplan toon tekens van stabiliteit. Ten spyte daarvan dat ons aan die onderpunt van die klas is, dra die veranderinge wat ons in plek gesit het, vrugte, en dit het tot ’n volhoubare opwaartse trajek aanleiding gegee.

“Ons hoort nie aan die onderpunt nie,” het hy bygevoeg.

Hy het toe verwys na Jane Cowley, DA-LPW, se opmerkings oor landelike onderwys, en het gesê die hele landelike onderwysomgewing kan nie met dieselfde kwas geverf word net omdat Cowley ’n slegte ondervinding by een landelike skool gehad het nie.

Masualle het voorts gesê dat ander maniere gevind moet word om die provinsie se voortstrompelende ekonomie te laat groei. ’n Aggressiewe benadering is na sy mening nodig om vaardighede te ontwikkel.

“Ons het die verantwoordelikheid om te verseker dat dit wat ons het, beter vir ons werk. Ons moet meer op landbou-ontwikkeling konsentreer sodat die landbou op groter skaal kan ontwikkel.

“Daar moet groter herproduksie wees en grondgebruik moet beter bestuur word sodat dit behoorlik aangewend word.”

Die premier sê vir die provinsie om te floreer, is goeie infrastruktuur, goeie paaie en konnektiwiteit nodig.

“Die paaie in ons provinsie word tans opgeknap en dit sal sekerlik help om ons kuslyn meer aantreklik vir toeriste te maak. Ons moet mense kry om die oostelike deel van ons provinsie ook te besoek. Betroubare infrastruktuur sal hierdie deel van ons kuslyn baie baat.”

Met verwysing na die voertuigvervaardigingsektor het die premier gesê dat transformasie ’n kritieke onderdeel is om die waardeketting te verbeter. “Ons moet die spasie skep vir plaaslike deelname,” aldus Masualle.

Hy sê die gesondheidsdienste in die provinsie moet baie meer aandag geniet. Daar moet ’n gevoel van warmte wees wanneer mense na gesondheidsinstellings gaan.

Hy het ten slotte gesê daar moet streng teen korrupsie in die provinsie opgetree word.

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Oos-Kaap  |  Ekonomie  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.