Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
eNCA-herrie: DA verkla ANC, EFF by MRK

Die DA beskuldig die ANC en die EFF daarvan dat hulle ras gebruik om mense uit te lok na aanleiding van omstredenheid oor ’n eNCA-joernalis.

“Die DA sal ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) teen die ANC en die EFF indien weens die gebruik van ras om mense uit te lok,” het Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, Vrydag in ’n verklaring gesê.

Groot omstredenheid heers sedert videogrepe van die eNCA-joernalis Lindsay Dentlinger verlede week op Twitter versprei is waarin sy na bewering swart politici vra om hul maskers op te sit terwyl sy in regstreekse uitsendings met hulle onderhoude voer.

Dentlinger nader gereeld verteenwoordigers van politieke partye om kommentaar ná belangrike geleenthede in die parlement, soos wanneer die staats- en die begrotingsrede gelewer word.

Die nuusagentskap het vir Dentlinger in die bresse getree nadat die storm op sosiale media losgebars het. Haar optrede was nie rasgedrewe of kwaadwillig nie en dít wat op sosiale media opslae maak, weerspieël nie wat werklik gebeur het nie, het eNCA verlede week in ’n verklaring gesê.

Mazzone het Vrydag gesê: “Die ANC het ’n anti-rassisme-veldtog van stapel gestuur, asook ’n betoging en het Dentlinger effektief ’n rassis genoem sonder om die getuienis te hersien.

“Die party het die spanning verder aangevuur deur te beweer dat die kanaal ’n ‘geskiedenis van mishandeling van swart mense’ het,” sê Mazzone.

Sy sê: “Die EFF het eweneens gevra om ’n totale boikot van die nuuskanaal, wat hy bestempel as ’n propaganda-arm van ‘wit monopoliekapitaal’.”

Mazzone beweer die video waarop al die drama gegrond is, is gemanipuleer. “Dele van die video kom uit veel ouer onderhoude, waarvan sommige voor die pandemie gevoer is of voordat maskers verpligtend was.

“Dit verklaar waarom sommige parlementslede in sommige onderhoude nie maskers dra nie, terwyl ander gevra is om dit te doen,” sê sy.

Sy beskuldig die ANC en die EFF daarvan dat hulle die geleentheid uitbuit en die video gebruik as ’n foefie om rassespanning onder Suid-Afrikaners te stook.

Meer oor:  Enca  |  Menseregtekommissie  |  Lindsay Dentlinger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.