Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
'Enige monopolie-kapitaal is sleg,' sê Mthethwa
Nathi Mthethwa, voorsitter van die ANC se politieke opleidingkomitee. Foto: Deaan Vivier

Dit is verkeerd om te sê witmonopolie-kapitaal bestaan nie, het Nathi Mthethwa, voorsitter van die ANC se politieke opleidingskomitee, Maandag gesê.

Witmonopolie-kapitaal beheer alle sektore van die ekonomie, van die finansiële tot die konstruksiesektor, het Mthethwa op ’n mediakonferensie by die ANC se beleidskonferensie in Johannesburg gesê.

Pogings moet volgens hom aangewend word om dié kapitaal se houvas op die ekonomie te ontwortel.

Dié verskynsel moet gesien word teen die agtergrond van die land se koloniale verlede, maar dit moet nie met swartmonopolie-kapitaal vervang word nie, sê Mthethwa.

Enige monopolie-kapitaal is sleg.

Hy het gepraat nadat die party se kommissie oor taktiek en strategie die vorige twee dae oor ’n verskeidenheid sake op die konferensie vergader het. Dit het die stand van die internasionale politiek ingesluit.

Suid-Afrika het rasseonderdrukking oorwin, maar politieke vryheid beteken niks sonder ekonomiese vryheid nie, sê Mthethwa.

“Ons het nou die punt bereik waar ons (die ANC) op ekonomiese vryheid fokus. Ons houding oor monopolie-kapitaal sal nie verander nie. Dit is samewerking en mededinging.”

Meer oor:  Anc  |  Nathi Mthethwa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.