Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Erfenis: Praat voordat besluite geneem word – Langner

Pres. Cyril Ramaphosa en sy regering moenie besluite neem oor die verwydering van “apartheid- en koloniale” standbeelde sonder om eers met Afrikaanse kultuurgemeenskappe oor hul erfenis te praat nie.

Dít was Donderdagmiddag die reaksie van dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), nadat Ramaphosa dit onomwonde in sy Erfenisdag-boodskap gestel het dat enige simbool, monument of aktiwiteit wat rassisme ophemel, óf Suid-Afrika se “lelike” verlede verteenwoordig, geen plek in ’n demokratiese Suid-Afrika het nie.

KYK OOK: Dié standbeelde dalk in gedrang

Dit moet verskuif en hervestig word.

Ramaphosa het Donderdag gesê dat Suid-Afrika uit ’n verlede van vooroordeel en uitsluiting kom en dat die regering sedert die aanbreek van demokrasie hard gewerk het om die erfenislandskap te verander.

“Die herbenoeming van stede en dorpe was deel daarvan, sowel as die oprigting van nuwe standbeelde en monumente. Standbeelde wat ons verdelende verlede verheerlik, moet daarom geskuif en hervestig word.

“Dit veroorsaak omstredenheid en sommige mense meen dat ons probeer om ons geskiedenis uit te wis.

“Om egter ’n ware nierassige samelewing te bou, beteken dat ons sensitief moet wees vir die geleefde ervarings van alle Suid-Afrikaners. Ons sal nie verskoning daarvoor maak nie, omdat ons hoofdoel is om ’n verenigde nasie te bou.”

Langner sê dat die FAK gekant is teen die “roekelose skuif van standbeelde met die doel om die verlede uit te wis of weg te wens”.

Volgens hom voel die FAK dat ’n nuwe samelewing gebou moet word met sensitiwiteit, maar ook met respek teenoor die verskillende kultuurgroepe se perspektief oor hul erfenis.

Die herbenoeming van stede en dorpe was deel daarvan, sowel as die oprigting van nuwe standbeelde en monumente. Standbeelde wat ons verdelende verlede verheerlik, moet daarom geskuif en hervestig word.

“Dit is jammer dat die president van bo af oor Afrikaners se erfenis praat, maar nie met ons nie. Daar was tot dusver nog geen gesprek deur die regering met die Afrikaanse kultuurgemeenskappe oor hul erfenis nie.”

Volgens hom wil die Afrikaanse kultuurgemeenskap oor die standbeelde praat wat nog op openbare ruimtes staan, veral omdat verskeie gevandaliseer, of as politieke slaansak gebruik word.

“ ’n Nuwe erfenisstrategie word benodig in die land, maar daar moet eers met alle gemeenskappe gekonsulteer word,” meen Langner.

Intussen het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, in dié party se Erfenisdag-boodskap gesê dat die ANC-regering se subtiele proses om alles wat deel is van Afrikaner-geskiedenis te vernietig en te demoniseer, dié groep se reg bedreig om soos enige ander bevolkingsgroep sy erfenis te koester, bewaar en uit te bou.

“Die sogenaamde koloniale standbeelde van die Afrikaner-geskiedenis en die behoefte om daarvan ontslae te raak is opnuut op die agenda van die regerende party en die EFF.”

Volgens Groenewald is dié miskenning van ander se erfenis nie net van toepassing op standbeelde nie, maar hou dit ook verband met taal- en kultuurerfenis in die algemeen. Hy meen dit hoort nie in ’n land waar taal- en kultuurerfenis van gemeenskappe deur die Grondwet erken en beskerm word nie.

’n Nuwe erfenisstrategie word benodig in die land, maar daar moet eers met alle gemeenskappe gekonsulteer word.

Vuyani Pambo, EFF-woordvoerder, het namens dié party van Julius Malema Donderdag gesê dat erfenis in Suid-Afrika nie gevier kan word vir solank swart mense grondloos bly en by die ekonomie uitgesluit word nie.

Dié party meen vir erfenis en versoening om werklik in Suid-Afrika gerespekteer te word, moet grond sonder vergoeding onteien én alle koloniale en apartheid-standbeelde en simbole uit die openbaar verwyder word.

Die EFF eis ook dat “Die Stem” uit die volkslied verwyder word omdat dit “ ’n lied van moordenaars is wat gesing is terwyl swart mense op braaiplekke vermoor is”.

Herman Mashaba, president van ActionSA, het gesê Erfenisdag se betekenis word toenemend vir landsburgers verflou “omdat politici eenheid deur diversiteit ondermyn”. “ActionSA se verbintenis tot nierassigheid is wat ons vandag vier.”

Meer oor:  Fak  |  Apartheid  |  Standbeelde  |  Danie Langner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.