Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Eskom gee Guptas talle kanse oor steenkool, hoor Zondo

Nadat die Guptas die Optimum-steenkoolmyn oorgeneem het, was Eskom glo bereid om 13 maande lank ’n swakker gehalte steenkool te aanvaar as wat die ooreenkoms was oor wat verskaf moes word.

Te midde van die swak gehalte wat die Optimum-steenkoolmyn aan Eskom verskaf het, was Brian Molefe, voormalige uitvoerende groephoof van Eskom, glo baie meer toegeeflik hieroor in die tyd nadat die Guptas die myn oorgeneem het as toe die myn aan Glencore behoort het.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, het Dinsdag met die getuienis van dr. Ayanda Nteta, ’n voormalige waarnemende senior bestuurder van brandstofhulpbronne by Eskom, gesê die kommissie het reeds getuienis aangehoor dat daar ’n groot ommeswaai was oor hoe Molefe die situasie by die Optimum-steenkoolmyn gehanteer het toe die Guptas die myn oorgeneem het.

Dr. Ayanda Nteta, ’n voormalige waarnemende senior bestuurder van brandstofhulpbronne by Eskom, getuig Dinsdag aanlyn voor die Zondo-kommissie. Foto: Skermgreep

Tegeta Exploration and Resources, die Guptas se maatskappy, het die Optimum-myn van Glencore gekoop.

Molefe was na bewering uiters hard op Glencore en het botweg geweier om oor die Optimum-myn se gehalte van steenkool en boetes te onderhandel. Nadat die Guptas die myn oorgeneem het, is 13 maande agtereenvolgens toestemming gegee dat die Optimum-myn sy gehalte en volumes steenkool wat aan Eskom verskaf moes word, kon lewer onder die standaard as waarop ooreengekom is, volgens vorige getuienis voor die kommissie.

Nteta is gevra om antwoorde te gee oor die vergunning wat sy verleen het van 1 Augustus tot 31 Oktober 2017 dat ’n swakker gehalte steenkool asook ander volumes deur die Optimum-myn aan Eskom verskaf kon word.

Dié vergunning van drie maande het gevolg direk op die vergunning wat haar voorganger in haar afdeling by Eskom gegee het vir die tydperk van 1 Oktober 2016 tot 31 Julie 2017 – altesame 13 maande.

Zondo het uitgewys dat daar in die brief, waarin Nteta instem dat van die gehalte en volumes afgewyk kan word, nie genoem word dat Eskom minder vir die laergraad-steenkool sou betaal nie.

Nteta het geantwoord daar word in die kontrakte met steenkoolverskaffers uiteengesit watter boetes hulle sal moet betaal indien boetes van hulle gehef word oor die gehalte en volumes steenkool wat verskaf moes word.

Volgens Nteta is boetes wel ná 31 Oktober 2017 aan die Optimum-myn opgelê. Dit is hierna dat Tegeta in Februarie 2018 in sakeredding geplaas is.

Molefe sal later vandeesweek voor die kommissie getuig.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Eskom  |  Guptas  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.