SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Eskom: Munisipaliteite se skuld beloop nou byna R30 mjd.

Munisipaliteite se agterstallige skuld vir elektrisiteit aan Eskom het net tussen Maart en September vanjaar met meer as R6 miljard gestyg.

“Dit is uiters kommerwekkend,” het Jabu Mabuza, voorsitter en waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, Dinsdag gesê toe hy die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) oor hierdie skuld toegespreek het.

“Die jammerlike deel is die totale munisipale skuld (aan Eskom) het in 2017 sowat R9,8 miljard beloop. In Oktober vanjaar was dit R26 miljard. Teen die einde van die huidige boekjaar sal daardie skuld R30 miljard wees.

Teen hierdie tyd volgende jaar sal die skuld R36 miljard wees.

“Dit maak van munisipaliteite Eskom se tweede grootste las naas die rente op die skuld wat ons moet betaal.”

Mabuza het ook verwys na die skoksyfer wat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga), wat munisipaliteite verteenwoordig, onlangs bekend gemaak het: Munisipaliteite word sowat R165 miljard geskuld vir munisipale dienste wat gelewer is aan huishoudings, private ondernemings en ook staatsinstellings.

Hy het egter min simpatie daarvoor.

“Hulle moet self beplan hoe om daardie geld in te vorder. Die feit is dat munisipaliteite ons skuld. Daardie skuld moet betaal word,” het Mabuza gesê.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.