Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Eskom se Singh getuig verder

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het vandag twee sittings.

In die eerste sitting vanoggend getuig Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom, verder.

In die tweede sitting, wat volgens 'n verklaring van die kommissie om 16:00 begin, getuig Norma Mngoma, vervreemde vrou van oudminister Malusi Gigaba.

Gigaba wil na bewering verskeie aansoeke met die sitting van die kommissie teen Mngoma se getuienis bring. Een daarvan is om toestemming te verkry om Mngoma te kruisondervra.

13 Apr. 17:54:38

Die sitting vedaag.

13 Apr. 17:08:13

Gigaba se vervreemde vrou wil nie meer met Zondo-kommissie saamwerk

Norma Mngoma (45) het haar onttrek van die Zondo-kommissie en gaan nie meer getuienis lewer oor die geldsake van haar vervreemde man, oudmin. Malusi Gigaba, nie.

Mngoma se regsverteenwoordiger het gesê sy was geskeduleer om te getuig.

Mngoma het gesê sy het persoonlike kommer oor hoe die kommissie haar saak hanteer en sy onttrek haar aan die kommissie.

Die kommissie gaan nou oorweeg om aansoek te doen om haar te dagvaar om te getuig, het adv. Anton Myburgh SC, getuienisleier van die kommissie, gesê.

13 Apr. 16:24:42

Die sitting verdaag vir tien minute waarna die kwessie of Norma Mngoma, vervreemde vrou van oudminister Malusi Gigaba, in die tweede sitting van die kommissie later vandag gaan getuig.

13 Apr. 14:29:12

Singh getuig verder.

13 Apr. 14:29:06

Die sitting gaan voort.

13 Apr. 13:21:53

Die sitting verdaag vir middagete tot 14:20.

13 Apr. 12:52:07

Singh se regsverteenwoordiger vra vir 'n kort verdaging nadat adv. Pule Seleka SC, getuienisleier van die kommissie, verwys het na vliegtuigkaartjies wat glo deur Salim Essa betaal is vir vlugte wat deur Singh onderneem is.

13 Apr. 12:28:04

Sitting verdaag vir enkele minute op versoek van Zondo.

13 Apr. 10:13:07

Die sitting begin.

Meer oor:  Norma Mngoma  |  Eskom  |  Staatskaping  |  Anoj Singh  |  Politiek  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.