Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
'Eskom se Singh moet ook strafregtelik aangekla word'
Anoj Singh, Eskom se voormalige finansiële hoof. Foto: Witness Media

Anoj Singh, Eskom se voormalige finansiële hoof, sowel as Matshela Koko, vorige waarnemende hoof, moet luidens die vakverbond Saftu ook strafregtelik aangekla word vir misdade teen die mense van Suid-Afrika.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Saftu, het Dinsdagoggend so gesê in ’n verklaring waarin die vakbond Singh se bedanking Maandagaand verwelkom het.

Vavi meen Koko moet ook bedank omdat hy en Singh albei “deur ernstige beweringe van korrupsie en ander onbehoorlike optrede in die gesig gestaar word”.

Zwelinzima Vavi het Anoj Singh se bedanking Maandagaand verwelkom. Foto: Daily Sun

“Hulle en ander het die land se elektrisiteitsverskaffer tot op die rand van bankrotskap gebring wat vernietigende gevolge vir alle Suid-Afrikaners en die land se ekonomie sou gehad het.

“Soos die presidensie in ’n verklaring sê: ‘Eskom is noodsaaklik vir Suid-Afrika se ekonomie. As ’n belangrike faktor vir ekonomiese groei en maatskaplike transformasie kan enige verdere agteruitgang van Eskom se finansiële en operasionale omstandighede ’n erge impak op die land hê’,” sê Vavi in die verklaring.

Vavi voeg by Saftu ondersteun om bogenoemde rede ook die regering se oproep op alle werknemers van Eskom en ander rolspelers wat bewyse van wandade het om dit onder die aandag van wetstoepassingsagentskappe te bring sodat alle oortreders aan die pen kan ry.

Hy sê Saftu wens ook die nuwe Eskom-direksie alle sukses toe in hul formidabele taak om dit van ’n ramp te red en ook te hervestig as ’n doeltreffende en betroubare verskaffer van bekostigbare elektrisiteit.

Singh is veronderstel om Dinsdagmiddag ook voor die parlement se ondersoek na staatskaping by Eskom te getuig.

Meer oor:  Anoj Singh  |  Matshela Koko  |  Eskom  |  Saftu  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.