Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Eskom: Verslag oor ‘selfgeskepte krisis’ moet uit, eis DA

Pres. Cyril Ramaphosa moet teen eerskomende Vrydag ’n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid bekend maak waarin glo bevind is dat Suid-Afrika R14,5 miljard opgedok het vir Eskom-steenkoolkontrakte weens ’n kragkrisis wat “self geskep” is.

Die DA het dié versoek Maandag tot Ramaphosa gerig nadat die verslag waarin die inligting vervat word, na berig word reeds in 2017 aan oudpres. Jacob Zuma oorhandig is. Dit is nooit amptelik bekend gemaak nie.

City Press het Sondag berig dat Eskom-werknemers beurtkrag in 2008 versigtig geskep het in ’n poging om te verseker dat langtermynkontrakte vir steenkool onderteken word sonder om behoorlike tenderprosesse te volg.

Natasha Mazzone, DA-LP, het in ’n verklaring gesê die party gaan aan Ramaphosa skryf en eis dat hy dié verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid nie later nie as op Vrydag 5 April om 12:00 bekend maak. As hy nie gehoor gee aan dié versoek nie, beplan die party om ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting te bring.

“Die land het die reg om van die volle besonderhede in die SOE-verslag te weet. Dit is in die beste belang van alle Suid-Afrikaners dat die bevindinge dringend bekend gemaak word sodat ons die omvang van die verrotting by Eskom kan ondersoek en diegene wat daarby geïmpliseer word, aanspreeklik kan hou.”

Die verslag bevat volgens Mazzone sonder twyfel besonderhede wat lankal bekend is – dat die kragkrisis, wat die welstand van die ekonomie bedreig, plaasgevind het weens “korrupsie en die plundering van die mense se geld deur die mislukte ANC en hul glibberige vennote”.

“Die ANC stel sy onversadigbare gulsigheid bo die welstand van die mense wat hy veronderstel is om te dien,” lui Mazzone se verklaring.

Die party beweer die presidensie het Eskom nou opdrag gegee om die elektrisiteit ten alle koste aan te hou en dat Eskom diesel in groot volumes verbrand om die ligte tot die verkiesing aan te hou.

“Ramaphosa gooi dus in wese belastingbetalers se geld na die Eskom-kragkrisis wat sy party geskep het om te verseker die ANC bly in beheer,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.