Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas se Transnet-geldspoor bekyk

Eerste sitting:

Suzanne Daniels, Eskom se regshoof voordat sy geskors en afgedank is toe die Guptas na bewering by die bestuur van Eskom begin inmeng het, getuig weer voor die Zondo-kommissie.

Daniels het vantevore getuig Matshela Koko, voormalige hoof van tegnologie en kommersiële sake van Eskom, het haar op 10 Maart 2015 aan  Salim Essa, die Guptas se sakevennoot, voorgestel.

Volgens haar was Koko baie gemaklik in Essa se geselskap. Daniels het getuig dat Essa by haar wou weet wat gedoen moet word om Eskom-amptenare te skors.

Koko het verlede week in sy getuienis voor die kommissie gesê Daniels lieg oor dié ontmoeting en dat hy (Koko) nie teenwoordig was nie. Volgens Koko was Daniels deel van ‘n groep mense wat teen hom saamgesweer het.

Tweede sitting:

In die tweede sitting getuig Paul Holden, 'n onafhanklike ondersoeker van die organisasie Shadow World Investigations, verder oor hoe geld wat die Guptas na bewering met staatskaping in Suid-Afrika verkry het, na verskillende bankrekenings oorgeplaas is as deel van 'n grootskaalse skema van geldwassery.

07 Des. 17:45:18

Die tweede sitting begin.

07 Des. 17:06:13

Die eerste sitting van die Zondo-kommissie verdaag.

07 Des. 16:07:41

Die sitting verdaag tot 16:15.

07 Des. 14:21:13

Die sitting hervat. Daniels getuig verder na middagete.

07 Des. 13:11:46

Die sitting verdaag tot 14:10 vir middagete.

07 Des. 11:37:10

Die sitting begin. 

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Raymond Zondo  |  Regter Zondo  |  Staatskaping  |  Zondo  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.