Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Estina belowe 600 werke – net 41 realiseer
Die Estina-melkplaasprojek by Vrede in die Vrystaat. Dié foto is as bewysstuk by die Zondo-kommissie ingedien. Foto: Skermgreep

Die korrupte Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat sou volgens ’n geskrewe plan werk aan 600 mense verskaf, maar uiteindelik is dié totaal nou ’n skrale 41.

Dít is van die getuienis oor die suiwelprojek wat Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verder ondersoek sal word wanneer die sittings ná ’n reses van twee weke voortgaan.

Die kommissie het by navraag bevestig David Maree, ’n landbou-ekonoom, sal Maandag sy getuienis voortsit.

Maree het voor die reses getuig hy het dokumentasie onder oë gehad waarin aangedui is volgens die voorlopige planne en skattings sou 600 werksgeleenthede met die Vrystaatse landboudepartement se projek geskep word.

Maree het getuig wanneer mens die grootte van die melkplaas in ag neem, en daar byvoorbeeld 500 melkkoeie is, is daar maar ’n werksmag van maksimum 50 mense nodig.

Dit was sy mening dat die potensiële werksgeleenthede oorskat is.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo was met Maree se getuienis verbaas dat daar ’n getal van 500 melkbeeste genoem is, maar 600 werksgeleenthede. “Self 100 werksgeleenthede sou dubbel die hoeveelheid wees wat Maree dit op bepaal het,” het Zondo gesê.

Die adjunkhoofregter wou weet of die sogenaamde 600 werksgeleenthede aangedui is weens totale onkunde en of dit doelbewus so aangedui is, waarop Maree geantwoord het dit kan daarop dui dat die mense wat die projek beplan het, nie ’n idee gehad het hoe ’n melkplaas werk nie.

Meer oor:  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.