Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Estina net die begin’ – VL

Dit gaan die Zondo-kommissie te lank vat om korrupsie in die Vrystaat bloot te lê en boonop verbloem die Estina-suiwelprojek talle gevalle van korrupsie in die provinsie waarvan niemand weet nie.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou.Foto: Argief

Dit was van die kwelpunte wat Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), in sy presidentsrede genoem het op die eerste dag van dié organisasie se jaarlikse kongres wat buite Bloemfontein gehou word.

Wilken het gesê staatskaping is in die Vrystaat gebore en dat dit die land se ekonomie tot op ’n kommerwekkende vlak laat verswak het.

“Dit het tyd geword dat niemand in Suid-Afrika ’n salaris moet kry nie, maar eerder ’n salaris moet verdien.”

Boere probeer uit desperaatheid verlore steun terugwen, terwyl alle grondhervormingsprojekte wat deur die staat aangepak is, misluk het.

Volgens hom gee die publiek ook te min erkenning aan landbou.

“In Suid-Afrika is 60 miljoen mense afhanklik van voedsel wat deur 30 000 tot 35 000 boere, wit en swart, geproduseer word. Hulle word ondersteun deur opkomende boere wat graag die landbou wil betree,” sê hy.

Wat vir hom ook kommerwekkend is, is die gebrek aan landbousekerheid en die onvermoë om beleggingsekerheid te skep.

“Mense wat op soek is na mag, wil die bietjie wat gesteel is ook in die hande kry. Hoe het ons by hierdie punt gekom?”

Landbou word vandag uitgesonder as die sektor wat die skuld moet dra vir alles wat in die verlede skeefgeloop het.

“Boere het ’n klomp suksesstories oor grondhervorming wat in die openbaar bitter min erkenning van die regering kry.”

Boere het ’n klomp suksesstories oor grondhervorming wat in die openbaar bitter min erkenning van die regering kry.

Hy sê daar is genoeg grond in die Vrystaat om landbouers ’n hele paar jaar besig te hou.

“Hier’s kos. Ons as landbouers sal die sektor moet uitbou en die mense van Afrika in hul land van herkoms moet kosgee.”

Wilken het gesê dat goeie verhoudings die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

Volgens hom moet boere op grondvlak betrokke raak en verhoudings bou met wetstoepassers in die gemeenskap en met hul eie plaaswerkers, wat vir hulle inligting oor potensiële plaasaanvalle kan gee.

“Dit is tyd dat boere ernstig besin oor hul rol in ’n veranderende landskap. Dis jou keuse, besluit self en dra die gevolge self.”

Meer oor:  Estina  |  Francois Wilken  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.