Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ethekwini-takke van ANC ‘steun Ace en Zuma’

Die skorsing van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, is ongehoord en hou langtermyngevolge vir die party in.

So waarsku “die meerderheid” ANC-takke in die Ethekwini-streek wat Sondag hul steun aan Magashule en oudpres. Jacob Zuma toegesê het.

Dié streek was nog altyd ’n bakermat van die oudpresident.

Vroeër het 110 ANC-takke – meestal in KwaZulu-Natal – hul steun aan Zuma en Magashule toegesê.

In totaal het die ANC landwyd meer as 3 800 takke.

Ace Magashule (links), geskorste sekretaris-generaal van die ANC, en oudpres. Jacob Zuma. Foto: Argief

Die ANC-takke in die Ethekwini-streek sê in ’n verklaring onder meer die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC is nie by magte om resolusies van nasionale konferensies te verander “sonder behoorlike konsultasie met die lede van die ANC en takke en strukture van die party nie”.

Dit het volgens hulle nie gebeur nie. Die NUK moet dit dadelik doen.

Die NUK is die belangrikste besluitnemingsliggaam in die ANC tussen nasionale konferensies.

Ons is bewus daarvan dat die NUK verdeeld is, maar die meeste ander (ANC-) strukture is nie.

Om te keer dat die skorsing van Magashule langtermyngevolge vir die ANC inhou, moet hy onmiddellik toegelaat word om met sy werk as sekretaris-generaal voort te gaan, sê die takke.

Hulle sê voorts dit is duidelik die NUK teiken net dié wat deur die “staatsmasjinerie” strafregtelik aangekla is. Dié staatsinstellings “word duidelik deur sekere owerhede beheer en dit is kommerwekkend.”

Om mense soos Magashule-hulle op ’n faksionele manier te skors, hou die gevaar in dat dit die party kan verdeel.

“Ons is bewus daarvan dat die NUK verdeeld is, maar die meeste ander (ANC-) strukture is nie.”

Magashule het Vrydagaand in ’n onderhoud met die SAUK gesê dit steek hom dwars in die krop dat die ANC deesdae met die DA saamwerk.

Hande af van pres. Jacob Zuma.

Die Ethekwini-takke sê hulle sal nie saam met die DA in die bed klim nie “omdat dit ons revolusie sal verraai”.

Oor die moontlikheid dat Zuma in hegtenis geneem kan word nadat die Zondo-kommissie die konstitusionele hof gevra het om hom twee jaar tronkstraf op te lê omdat hy weier om voor die kommissie te getuig – sê die takke dit sal met weerstand begroet word.

“Ons het begin om alle sektore van die gemeenskap te mobiliseer, en as dit nodig is, sal ons ons ander Afrika-vriende betrek om ons te help om dié tweede vlaag van ’n apartheidsbenadering in ’n demokratiese staat te hanteer.”

Die takke sê hulle glo geen nugterdenkende regter sal die nasie lei in ’n rigting wat sal lei tot anargie nie.

“Hande af van pres. Jacob Zuma.”

Meer oor:  Ace Magashule  |  Jacob Zuma  |  Skorsing  |  Anc  |  Sekretaris-Generaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.