Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Faith het ingemeng by redaksionele beleid van SAUK

Die kommissie van ondersoek na politieke en redaksionele inmenging by die SAUK het bevind Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, het by die redaksionele beleid van die openbare uitsaaier ingemeng.

Faith Muthambi

Die verslag van die kommissie is Maandag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg deur Joe Thloloe, uitvoerende direkteur van die Persraad en voorsitter van die kommissie, bekend gemaak.

Die kommissie het ook voorgestel dat Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, se opdragte aan die departement van mensehulpbronne ondersoek moet word. Dié opdragte was onder meer om dissiplinêre verhore teen sekere werknemers in te stel, of om ander af te dank of te bevorder.

Om die saak verder te ondersoek, moet die SAUK ’n oudit van aanstellings doen. Waar daar onregmatighede gevind word, moet dié aanstellings teruggetrek en poste weer geadverteer word.

Thloloe het bevind dat Muthambi, saam met Ellen Tshabalala, ’n voormalige voorsitter van die SAUK-raad, opdragte aan die redaksionele bestuur gegee het.

“Volgens bewyse het hoofde binne die SAUK vanaf 2012 tot 2017 opdragte uitgevoer van mense met geen gesag in die nuuskantoor nie, byvoorbeeld die SAUK-direksievoorsitter (Tshabalala) en die minister van kommunikasie (Muthambi). Die hoofde het dus daarin gefaal om hul pligte na te kom ten opsigte van redaksionele beleid,” sê hy.

Die ondersoek is in Mei 2018 begin ná verslae van die openbare beskermer (OB), ’n parlementêre ondersoek asook klagtes van die burgerlike samelewing.

Daar is ook ondersoek ingestel of daar ’n “regstreekse verband” tussen besluite van die ANC en redaksionele besluite in die SAUK se nuuskantoor was.

Thloloe sê hoewel geen regstreekse bewyse gevind kon word nie, “is die teenwoordigheid van die ANC in die nuuskantoor gevoel”.

Om Motsoeneng se onregmatige aanstellings reg te stel, het die SAUK 34 werknemers geïdentifiseer wat nou in die hof gaan moet verduidelik waarom hulle hul werk moet behou.

Die SAUK verbind hom daartoe om ingevolge die dissiplinêre regulasies dringend op te tree teen diegene wat geïmpliseer word.

“Hierdie is individue wat in stryd met die regulasies aangestel is,” sê Ntuthuzelo Vanara, hoof van regsake van die SAUK.

Volgens die verslag het daar tydens Motsoeneng se bewind ’n gevoel van vrees, pyn en woede onder SAUK-werknemers geheers.

Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-direksie, sê die openbare uitsaaier sal optree teen diegene wat geïmpliseer word.

“Die SAUK verbind hom daartoe om ingevolge die dissiplinêre regulasies dringend op te tree teen diegene wat geïmpliseer word. Geen inmenging met die redaksionele onafhanklikheid van die nuuskantoor sal geduld word nie.”

Motsoeneng het Maandag gesê die verslag is “onsinnig” en deel van ’n “smeerveldtog” teen hom.

“Hulle het nooit met my kom praat nie. Hierdie is mense wat probeer om my naam te beswadder en die samelewing teen my op te sweep.”

Muthambi het nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Meer oor:  Sauk  |  Hlaudi Motsoeneng  |  Faith Muthambi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.