Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Fel kritiek teen Cyril oor Eskom en beurtkrag

Fel kritiek teen die Eskom-krisis wat deur die jongste vlaag beurtkrag gekenmerk word, asook ’n waarskuwing dat sy plan om die kragvoorsiener te ontbondel tot ’n opstand kan lei, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in die Nasionale Vergadering (NV) begroet.

Spreker ná spreker het in die debat op sy staatsrede die Eskom-krisis uitgelig.

Mmusi Maimane, DA-leier, het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy die afgelope jaar as staatshoof net “gekyk en gewag” het. Hy het toegekyk hoedat Eskom uitmekaar val en dreig om die land in ’n krisis te dompel waarvan dit dalk nooit kan herstel nie, het Maimane gesê.

Sy opmerkings het gekom te midde van die kragvoorsiener wat Sondag begin het om beurtkrag te pas – drie dae nadat Ramaphosa planne in sy staatsrede aangekondig het om Eskom in drie afsonderlike eenhede te verdeel.

Almal weet volgens Maimane dat Ramaphosa “nie in beheer van die ANC is nie”.

Jou diagnose hanteer slegs die finansiële aspek van die krisis, maar gee nie strukturele en strategiese diagnose van die bate nie.

“Ons weet die land benodig betroubare kragvoorsiening. Ek is seker dat jy graag Eskom sal wil ontbondel – soos jy tien jaar gelede moes gedoen het – maar jou ANC-verwante vakbonde sal dit nie toelaat nie.”

Met verwysing na Ramaphosa wat Maandag skok uitgespreek het oor beurtkrag, het Maimane gevra: “Hoe kon jy geskok gewees het as jy daar was en die vernietiging van Eskom gesien het?”

Kommer het selfs uit ANC-geledere opgeklink. Ook Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het die Eskom-krisis as ’n “bron van kommer” bestempel omdat die “negatiwiteit daarvan die land se ekonomiese ambisies raak”. Nietemin is hy hoopvol dat die land spoedig sal optree om die situasie – veral die huidige episode beurtkrag – in sy spore te stuit.

Julius Malema, EFF-leier, het gewys op die “gevaarlike” voorstelle wat Ramaphosa in sy staatsrede gemaak het en het gemaan dat hy vinnig die “vyand van die mense” sal word as hy daarmee sou deurdruk.

“Die eerste voorstel is jou voorneme om Eskom te ontbondel met die oog op die privatisering van sekere komponente daarvan. Jy het reeds met die privatisering van kragopwekking begin, want onafhanklike kragvoorsieners (IPP’s) is prakties gesproke die privatisering van Eskom.

Hy sê die kern van die probleem is die kragaankoop-ooreenkomste (met IPP’s) wat Eskom dwing om krag teen onbekostigbare en onpraktiese pryse te koop.

Hy het beweer dat Ramaphosa se “vriende”, oudminister Trevor Manuel, en sy “familie”, die sakeman Patrice Motsepe, voordeel sal trek uit die privatisering van Eskom.

“Ons wil hier vir jou sê dat Eskom nie geprivatiseer sal word nie en geen afleggings sal plaasvind nie.”

Dit is nou 2019 en Suid-Afrika leef steeds met beurtkrag. Dit is hardnekkige kragonderbrekings en dit maak ons ekonomie dood.

Die EFF sal in opstand kom teen sulke planne, het Malema gewaarsku.

Hy het Ramaphosa ook daarvan beskuldig dat hy nie ’n deeglike ontleding van die probleme gegee het wat Eskom ervaar nie.

“Jou diagnose hanteer slegs die finansiële aspek van die krisis, maar gee nie strukturele en strategiese diagnose van die bate nie.”

Ook Bantu Holomisa, UDM-leier, het ’n verwysing na die Eskom-krisis gemaak.

“Die huidige beurtkrag is teenstrydig met die uitsprake en verbintenisse wat onlangs deur die regering gemaak is. Daar is aan ons gesê dat beurtkrag iets van die verlede is, tog het Eskom nou vlak 3 of 4 ingestel.”

Natasha Mazzone, DA-LP, het in haar spreekbeurt daarop gewys dat die Eskom-krisis in ’n “nasionale probleem” ontaard het.

“Dit is nou 2019 en Suid-Afrika leef steeds met beurtkrag. Dit is hardnekkige kragonderbrekings en dit maak ons ekonomie dood.”

Sy deel nie die siening dat Eskom se ontbondeling tot werkverliese sal lei nie.

“Suid-Afrikaners kan nie die kans ontneem word om te kies van wie hulle hul elektrisiteit wil koop nie,” sê sy.

Eksterne kragstasie ingenieurs gaan ingebring word en n onafhanklike oudit gaan gedoen word oor die probleme Eskom om die entiteit weer op dreef te bring.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag in die debat op pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede erken dat Eskom “massiewe probleme” in die gesig staar– struktureel, operasioneel en geldelik.

Hy het verduidelik dat Eskom Dinsdag gedwing is om beurtkrag toe te pas omdat minstens ses eenhede buite diens was.  Nie al die sowat 46 000 MW opwekkingskapasiteit is tans beskikbaar nie weens beplande en onbeplande instandhoudingswerk.

Hy het daarop gewys dat die Medupi- en Kusile-steenkoolkragstasies “swak ontwerp en gebou”  en nie op optimale vlakke funksioneer nie.

“Ons gee aandag aan die kwessies. Ek het Maandag met die direksie vergader en het Dinsdag verskeie interaksies gehad en ons begin om verstaan waar die probeleme by van die ou kragstasies is.”

Spreker ná spreker het ook na die getuienis verwys wat by die Zondo-kommissie van ondersoek aan die lig gekom het.

Ramaphosa is aangeraai om Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, uit sy kabinet te verwyder.

Meer oor:  Eskom  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Mmusi Maimane  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.