Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Treine: Fikile verklaar oorlog

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Donderdag die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se oorlogskamer bekendgestel. Die doel is om spoorvervoerveiligheid te probeer verbeter.

Mbalula het by Umjantshi House in Johannesburg, Prasa se hoofkantoor, ’n kykie gegee oor die oorlogskamer se pogings om die langstaande kommer oor die veiligheid van Metrorail-passasiers te takel.

“Die oorlogskamer sal ondersteun word deur ’n tegniese taakspan wat hoofsaaklik saamgestel is uit deskundiges met dieptekennis en ervaring in ’n wye reeks velde, waaronder die bedryf van treine, sinjale en veiligheid,” sê Mbalula.

Volgens Prasa se jaarverslag vir 2017-’18 was daar in die boekjaar minstens 1 027 botsings, 450 treinontsporings en 588 mense wat deur treine raakgery is. Daar was ook 745 ander voorvalle.

Mbalula het belowe om die oorlogskamer in sy eerste 100 dae in dié amp in werking gestel te kry. Hy het in sy begrotingsrede belowe om die doeltreffendheid en bestuur te verbeter en om permanente uitvoerende hoofde aan te stel in entiteite in sy departement.

Mbalula het joernaliste vroeër Donderdag op ’n besigtigingstoer geneem van Prasa se beheersentrum in Tembisa. Dié sentrum is ’n gevorderde fasiliteit wat Prasa in staat sal stel om die hele Gautengse spoornetwerk te monitor en om vinnig te reageer wanneer probleme in die netwerk opduik.

Meer volg later.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.