Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Fokus op Kaapstad vir onteiening om armes te huisves – minister

Die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie sal die wetgewing om grond sonder vergoeding te onteien eerste gebruik, het Lindiwe Sisulu Dinsdag gesê.

Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het die media voor haar departement se begrotingsdebat in die parlement toegespeek.

Wetgewing wat die onteiening van onbesette grond in openbare belang beheer, is noodsaaklik om meer behuisingsgeleenthede vir behoeftiges naby stede te verseker, sê sy.

“Met die nuwe konsepwetgewing vir grondonteiening wat aan die kom is, sal ons seker maak dat ons eerste in die ry vir onteiende grond is.

“Ons sal die eerste onteienaars wees sodra wetgewing goedgekeur word.”

Dit kan staatsgrond insluit wat besit word deur staatsentiteite soos Eskom en Transnet, of grond wat deur die weermag- en ander staatsinstellings gebruik word.

Die departement sal veral op Kaapstad sal fokus.

“Ons het baie stedelike grond daar wat geskik is vir menslike nedersettings.”

Haar prioriteite vir haar departement is vanjaar om gevestigde ruimtelike patrone te verander, gratis behuising aan behoeftiges te verskaf, ondersteuning aan laeinkomstegroepe te bied en om te verseker dat nuwe behuisingsontwikkelings naby stede is.

Sisulu het haar onteieningsplanne ’n paar uur later in haar departementele begrotingsrede in die Nasionale Vergadering herhaal.

“Ek is bly die parlement het uiteindelik by die punt gekom waar ons grond kan onteien en ek wil graag die eerste onteienaar wees,” het sy gesê.

“Die konsepwetgewing bepaal dat geen grond om enige ander rede as openbare belang onteien mag word nie. Ek kan nie sien dat daar ’n groter openbare belang is as wat ons in menslike nedersettings verteenwoordig nie,” het Sisulu gesê.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Kaapstad  |  Onteiening  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.