Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Duisende by Uniegebou om teen e-tol te betoog

David Makhura, premier van Gauteng, is onder die skare optoggangers wat in Pretoria teen die e-tolstelsel betoog. 

Hy het ook 'n video op Twitter gedeel.

'n Groot groep mense verbonde aan verskeie politieke partye en organisasies het Vrydagoggend na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om teen die e-tolstelsel, brandstofpryse en datakoste te betoog.

Die ANC in Gauteng word gesien as 'n groot dryfkrag agter die optog.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), die vakverbond Cosatu, South African National Civic Organisation (Sanco), sowel as die SAKP en ANC-lede van Gauteng neem deel aan “The People’s March”.

Hulle het omstreeks 12:00 by die Uniegebou aangekom.

Die optoggangers by die Uniegebou. Foto: Deaan Vivier

Betogers sing en dans in Burgerspark in Pretoria tydens 'n optog teen e-tol en ander vervoerkoste. Foto: Deaan Vivier

Tasneem Motara, die ANC se provinsiale woordvoerder, het Donderdag in 'n verklaring gesê hulle eis volhoubare oplossings vir probleme soos die swak toestand van die openbare vervoerstelsel, asook gereelde brandstofprys- en BTW-verhogings.

Die betogers gaan tot by die Uniegebou stap. Foto: Deaan Vivier

“Dit, en die koste van data en e-tol, het alles ’n invloed op die daaglikse lewenskoste van ons mense, veral armes,” sê Motara.

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, sê in dié organisasie se verklaring dat die optog ’n sterk boodskap aan die regering teen die e-tolstelsel moet stuur sodat dit “vir eens en vir altyd gestaak word”.

Wayne Duvenhage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) by die optog. Foto: Deaan Vivier

Die betogers is lede van verskeie politieke partye en organisasies. Foto: Deaan Vivier

Mpapa Kanyane van die SAKP in Gauteng voel ook dat die totale koste van vervoer ’n negatiewe invloed op die ekonomie en werkersklas het.

Die koste van data is vir hulle net so ’n probleem.

Die ANC in Gauteng is een van die politieke partye wat betoog. Foto: Deaan Vivier

“Dit het ’n negatiewe invloed op die werkersklas se reg tot inligting,” sê Kanyane.

Optoggangers het vroeër by Burgerspark in die middestad op die h/v Lilian Ngoyi-straat (Van der Waltstraat) en die M11 bymekaar gekom. 

Jeff Radebe, minister van energie, het 'n memorandum met eise in ontvangs geneem.

Meer oor:  Cosatu  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.