Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Fout om klagte teen Zuma terug te trek, bevind hof

Pres. Jacob Zuma moes sy dag in die hof gehad het, het 'n volbank van drie regters in die hooggeregshof in Pretoria Vrydagoggend bevind in wat bekend geword het as die "spioenasiebandesaak".

Dit was 'n fout om die 783 klagte van korrupsie en bedrog teen Zuma terug te trek, het regter Aubrey Ledwaba gesê.

Daar is "geen rasionele oorsaak en gevolg" tussen enige beweerde wangedrag en die besluit om 783 klagte teen Zuma terug te trek nie, het Ledwaba gesê.

Daarom moet die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die saak teen die president heroorweeg.

Regters Billy Mothle, Cynthia Pretorius en Ledwaba het die DA in 'n eenparige beslissing gelyk gegee.

Volgens die regters was dit "irrasioneel" om die klagte van korrupsie en bedrog teen Zuma terug te trek.

Ledwaba het ook onder meer gesê:

* Mpshe het hom op drie plekke weerspreek oor presies hoe hy die besluit geneem het om klagte teen Zuma terug te trek. Daar kan 'n redelike rede hiervoor wees, maar dit is nie voor die hof nie. Die enigste uitweg vir die hof is om te bevind die besluit was irrasioneel;

* Daar is geen bewyse dat McCarthy se gekonkel die meriete van die saak teen Zuma beïnvloed het nie; en 

* Mpshe het onder druk gevoel om 'n besluit te neem voordat Zuma as president van Suid-Afrika ingehuldig sou word. Daarom het hy nie die saak behoorlik deurdink nie.

Die uitspraak is 'n oorwinning vir die DA wat sewe jaar reeds veg om dié klagte teen Zuma heringestel te kry.

Mokotedi Mpshe (destydse NVG-hoof)  het die 783 klagte teen Zuma op 1 April 2009 teruggetrek nadat hy die spioenasiebande - onderskepte gesprekke - geluister het.

Dit was net betyds sodat Zuma as president van Suid-Afrika ingehuldig kon word. 

Die spioenasiebande is telefoongesprekke en SMS'e tussen onder meer Bulelani Ngcuka (NVG-hoof voor Mpshe) en Leonard McCarthy (destydse Skerpioene-hoof).

Die bewering is dat hulle gekonkel het om Zuma as presidentskandidaat uit te knikker ten gunste van pres. Thabo Mbeki.

Sou Zuma teen die uitspraak appelleer, sal dit die NVG se besluit uitstel tot nadat alle hofverrigtinge afgehandel is.

Die DA het reeds te kenne gegee die party is bereid om die kwessie tot in die konstitusionele hof, die hoogste hof in die land, te beveg.

Lees ook: NVG moet van voor af oor Zuma besluit

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Spioenasiebande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.