Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Foutjie! Zuma nié by staatsrede, twiet parlement

Die parlement het ’n “fout” begaan toe die instelling aanvanklik Woensdag op Twitter bevestig het dat oudpres. Jacob Zuma die staatsrede Donderdag sal bywoon.

“In die bevestiging van die lys van voormalige presidente wat hul bywoning aan #Sona bevestig het, het ’n vroeëre twiet voormalige pres. Jacob Zuma verkeerdelik ingesluit. Die bevestiging was voortydig; ’n akkurate opdatering sal later vandag gegee word. Ons vra om verskoning vir die fout,” lui ’n twiet van die parlement Woensdagmiddag.

Dit was nadat die parlement én die regering vroeër die dag amptelik op Twitter bevestig het dat Zuma die verrigtinge sal bywoon.

Netwerk24 het verlede week berig dat die “siek” Zuma se regspan ’n doktersbrief by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien het ter verduideliking oor waarom hy nie in die hof kan verskyn nie. ’n Lasbrief is vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Die doktersbrief sê nie wat is fout met Zuma nie, terwyl die datum waarop die brief uitgereik is oënskynlik uitgekrap en verander is.

Zuma het sedert sy bedanking as staatshoof nog nooit ’n staatsrede van sy opvolger, pres. Cyril Ramaphosa, bygewoon nie.

Oudpres. Thabo Mbeki en oudpres. Kgalema Motlanthe het bevestig dat hulle die staatsrede sal bywoon.


Meer oor:  Jacob Zuma  |  Staatsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.