Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Fraser geskuif ‘om grondwetlike krisis af te weer’

Arthur Fraser, voormalige hoof van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), is na die pos van kommissaris van korrektiewe dienste (DKD) oorgeplaas om ’n “grondwetlike krisis” af te weer.

Dit is hoe pres. Cyril Ramaphosa dié skuif in hofstukke verdedig, berig Business Day.

Hy moes antwoord op ’n hofaansoek van die DA dat sy besluit om Fraser te skuif tersyde gestel word omdat dit “ongrondwetlik en irrasioneel” was.

Arthur FraserFoto: Jaco Marais

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, meen die rede wat Ramaphosa verskaf, hou nie steek nie en is onbevredigend.

Fraser het vroeër koppe gestamp met Setlhomamaru Dintwe, inspekteur-generaal van intelligensie, wat hom voor die hof gedaag het nadat Fraser sy veiligheidsklaring teruggetrek het.

Dintwe voer aan Fraser het dié stap gedoen om te verhinder dat hy bewerings van knoeiery teen Fraser ondersoek.

Ramaphosa het die besluit geneem om Fraser te skuif nadat Dipuo Letsatsi-Duba, minister van staatsveiligheid, hom ingelig het dat die SVA nie so doeltreffend funksioneer as wat hy moet nie. Sy het voorgestel dat ’n onafhanklike paneel aangestel word om afdelings met probleme te identifiseer en aanbevelings te doen, lui die berig.

Sy het aanbeveel dat Ramaphosa Fraser uit die SVA verplaas voordat die paneel met sy werksaamhede begin. Haar siening was na berig word dat Fraser se “sterk persoonlikheid” die paneel se ondersoek kan benadeel.

Ramaphosa se regspan voer na berig word aan hy het met Letsatsi-Duba saamgestem, maar dat Fraser nie dadelik verwyder is nie. Nadat Dintwe se veiligheidsklaring egter teruggetrek is, het ’n potensiële “grondwetlike krisis” ontstaan en is die aanbeveling dat Fraser geskuif word, aanvaar.

Selfe het in ’n verklaring gesê as Ramaphosa met die minister se ontleding van Fraser saamgestem het, beteken dit nie dat hy na ’n ander pos geskuif moes word “wat iemand vereis wat bo verdenking” is nie.

“Die ernstige bewerings teen Fraser sluit in dat hy ’n geheime en parallelle intelligensiediens van sy huis af bedryf het terwyl hy vir die SVA gewerk het en miljoene rande belastingbetalersgeld gebruik het vir persoonlike gewin.

“Die departement van korrektiewe dienste sukkel al geruime tyd om doeltreffend te funksioneer. Die DA meen Fraser sal as kommissaris niks doen om die departement beter te laat funksioneer nie,” het Selfe gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.