Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Fraser se skuif: DKD kon Cyril se besluit nie weier

Hulle kon nie vir pres. Cyril Ramaphosa se aanstelling van Arthur Fraser as direkteur-generaal van die departement van korrektiewe dienste (DKD) nee sê nie, het Thabang Makwetla, adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, Donderdag gesê toe hy oor dié aanstelling uitgevra is.

Fraser was tot Maandag direkteur-generaal (DG) van staatsveiligheid voordat hy skielik na die DKD oorgeplaas is. Hy was Donderdag deel van ’n afvaardiging van die DKD onder leiding van Makwetla wat ’n voorlegging oor die departement se strategiese plan vir die 2018-’19-boekjaar aan die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste gemaak het.

Thabang Makwetla
Arthur Fraser

Glynnis Breytenbach, DA-LP, wou weet of ’n onderhoud met Fraser gevoer is vir die pos en wanneer dit plaasgevind het.

Makwetla het gesê die pos is in Oktober verlede jaar geadverteer. Die sluitingsdatum is egter verleng om meer aansoeke toe te laat. Die minister en die waarnemende direkteur-generaal het ’n paar weke gelede oor die kortlys vergader. “Op die vergadering, waarop ons die verslag ontvang het oor die kandidate waarmee ons onderhoude moes voer, is die kwessie deeglik bespreek.”

Daar is besluit dat die departement van staatsdiens en administrasie se toestemming gevra moet word dat ’n hoof vir die departement gewerf kan word.

Makwetla het daarop gewys dat die besluit deur die president om ’n DG te skuif ’n praktyk is wat “nou en dan” gevolg word.

“DG’s word deur die president aangestel. Hul kontrakte is met die president. Die president, afhangend van wat die kwessies rondom DG’s is, kan op advies van die minister van staatsdiens en administrasie altyd veranderinge maak in die ontplooiing van DG’s.

“In dié spesifieke geval, toe hulle sê dat hulle voorstel dat die DG van intelligensie in die departement van korrektiewe dienste aangestel word, kon ons nie nee sê nie. Ons het geen reg om nee te sê nie, want die president is die een met wie DG’s hul kontrakte het, en daarom sal die president altyd besluit oor hoe die onderhandelinge tussen die kantoor van die president en die DG’s hanteer moet word,” het Makwetla gesê.

Fraser se aanstelling Maandag was te midde van oproepe dat Ramaphosa hom skors nadat dr. Setlhomamaru Dintwe, inspekteur-generaal van intelligensie, ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria teen hom gebring het. Dintwe het in hofstukke aangevoer dat Fraser sy sekerheidsklaring teruggetrek het, hom by sy werk ingemeng het en sy ondersoek teen hom ondermyn het.

Fraser wou Donderdag ná die vergadering nie op die herhaaldelike vrae van joernaliste reageer oor hoe hy oor sy aanstelling voel nie.

Meer oor:  Thabang Makwetla  |  Besluit  |  Aanstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.