Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
FW: ANC op pad om wit minderheid te ‘verdryf’
Oudpres. F.W de Klerk. Foto: Alet Pretorius

Suid-Afrika is grondwetlik, ekonomies en wat betref nasionale eenheid ondubbelsinnig op die verkeerde pad, glo oudpres. FW de Klerk.

Hy het Donderdagoggend dié opmerking gemaak op die jaarlikse konferensie ter herdenking aan sy geskiedkundige toespraak op 2 Februarie 1990.

Suid-Afrika strompel volgens De Klerk doelloos op die pad van samelewingsverval in plaas daarvan om die koers van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) te kies.

Gemeet aan pres. Jacob Zuma se onlangse uitsprake, kan hy net tot die gevolgtrekking kom dat Zuma vasbeslote is om die land op die afdraandepad na staatskaping, ekonomiese krisis en rassistiese konfrontasie te stuur, sê De Klerk.

“Ons is nou ondubbelsinnig op die verkeerde pad. Ons is op die verkeerde grondwetlike pad. Die grondwetlik gewaarborgde onafhanklikheid van kerninstellings is fataal gekompromitteer deur staatskaping. Dit sluit in die nasionale vervolgingsgesag, die Valke, elemente van die polisie, die intelligensiediens en nou moontlik ook die openbare beskermer.

Ons is nou ondubbelsinnig op die verkeerde pad. Ons is op die verkeerde grondwetlike pad.
FW de Klerk

“Dié instellings word nou op ’n roetinegrondslag misbruik om teenstanders te vervolg en om vriende en bondgenote te beskerm.”

De Klerk sê die erodering van die mag en rolle van dié grondwetlike instellings het die deure oopgemaak vir korrupsie. Dit is die eerste aanduiding van die verval van die samelewing.

Die beleid van kaderontplooiing het staatsinstellings laat verswak, waarvan Eskom, die SAUK en die Suid-Afrikaanse Lugdiens voorbeelde is.

Suid-Afrika is volgens De Klerk ook op die verkeerde ekonomiese pad. Dit is duidelik uit onder meer die druk op Pravin Gordhan, minister van finansies.

De Klerk beskuldig die regering daarvan dat dit ’n “openlike vyandige” houding teenoor wit mense aanvaar het wat gegrond is op negatiewe rassistiese stereotipes.

“Dit is besig om ’n negatiewe rassistiese klimaat te skep om die toepassing van beleid te regverdig wat daarop gemik is om die legitieme ekonomiese en kulturele belange van wit landsburgers te skend, gegrond slegs op hul ras.”

Die ANC se nasionale demokratiese revolusie is om ’n nasionale demokratiese samelewing te skep wat gekarakteriseer word deur demografiese verteenwoordiging in elke faset van die samelewing, sê De Klerk.

“Dit beteken dat ekonomiese en kulturele aspekte waarin minderhede toegelaat sal word om te werk, beperk sal wees tot die proporsionele demografiese ruimte wat aan hulle toegewys is. Dit is slegte nuus vir wit mense, sowel as die bruin- en Indiër-bevolkingsgroepe.

“Dit is ’n wiskundige feit dat die rigiede toepassing van demografiese verteenwoordiging binne 50 tot 60 jaar kan lei tot die verdrywing van die wit minderheid in Suid-Afrika.”

Meer oor:  Anc  |  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.