Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
FW: ‘Ongelykheid in SA ergste sedert 1994’

Oudpres. FW de Klerk sê die vlakke van ongelykheid in Suid-Afrika is tans die ergste sedert 1994 en is die land die mees ongelyke samelewing in die wêreld.

Hy meen die wortel daarvan kan toegeskryf word aan onder meer die patrone van ras en gender, ongelykhede wat uit die land se verlede oorgeërf is, Suid-Afrika se mislukte onderwysstelsel en die stadige vlakke van ekonomiese groei.

De Klerk het dit Vrydagoggend gesê toe hy die hooftoespraak op die FW de Klerk-stigting se jaarlikse konferensie by die River Club-konferensiesentrum in Kaapstad gelewer het.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA â?? JANUARY 23: Former Sou
Oudpres. FW de Klerk Foto: Argief, Gallo Images / Brenton Geach

Die tema van die konferensie was “Om ongelykheid aan te pak”.

Die regering se beleid van regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) het klaaglik misluk om die vlakke van ongelykheid in Suid-Afrika aan te pak.

Dit kon dit selfs vererger het, meen De Klerk.

Volgens De Klerk het die RA- en SEB-beleid net die boonste 10% tot 15% van dié op die inkomste-piramide bemagtig, terwyl dit geen invloed op die armste onderste deel gehad het nie.

Hy meen dat dit daarom noodsaaklik is dat die regering sy maatreëls moet heroorweeg om ongelykheid in die land te takel.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Politiek  |  Ongelykheid  |  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.