Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
FW was g’n goedhartig, sê Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa lewer Dinsdag sy toespraak by die Kaapstadse-stadsaal. Foto: JACO MARAIS

Dit was nie weens die “goedhartigheid” van oudpres. FW de Klerk dat Nelson Mandela destyds as politieke gevangene uit die tronk vrygelaat is nie, maar eerder weens die gewapende struggle van die meerderheid Suid-Afrikaners én buitelandse druk.

“Dit was júlle oorwinning,” het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag onder luide applous bygevoeg toe hy die hoofrede gelewer het op die Nelson Mandela-stigting se vieringe van die 30ste jaar sedert Mandela uit die destydse Victor Verster-gevangenis in die Paarl gestap het.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners toegespreek langs die standbeeld van Mandela op dieselfde balkon waarvandaan die oorlede staatsman destyds sy heel eerste toespraak ná sy vrylating gelewer het.

Ramaphosa, wat destyds die mikrofoon vir Mandela vasgehou het, het gesê dat dié toespraak veral deurslaggewend was vir Suid-Afrika se toekomstige trajek.

Die stand van die ekonomie, hoë werkloosheidsvlakke, maatskaplike euwels wat verwoesting saai in ons gemeenskappe, skandelike moorde van vroue en meisies, die stank van korrupsie en misbruik van staatsgeld het gemaak dat landsburgers vertroue in ons verloor het. Dít dreig om ons demokratiese winste om te keer.

Hy het bygevoeg dat Mandela daarin oor verskeie dinge gepraat het, maar dat sy boodskap oor die belangrike taak om ’n verenigde Suid-Afrika te bou, uitgestaan het.

“Daardie woorde is so waar vandag as wat dit destyds was. Dit het hoop gebring vir onderdruktes, ontneemdes, moedeloses en sinici.

“Dit het vertroosting vir ons miljoene wit mede-landsburgers gebring wat gevrees het dat dié man wat so deur die rassistiese regering gedemoniseer is, sou verkondig dat hulle in die see gedryf moes word.”

Volgens Ramaphosa was Suid-Afrika ná Mandela se vrylating egter bankrot en die ekonomie op sy knieë wat ’n “hol en verswakte” regering vir die ANC oorgelaat het. Dit terwyl regses gemobiliseer het om die destydse onderhandelingsproses te ontspoor.

“Baie doemprofete het voorspel dat dit onder daardie omstandighede onmoontlik sou wees om Suid-Afrika reg te ruk.”

Ramaphosa het gesê dit is egter met Mandela se visioenêre leiding reggekry.

“Suid-Afrika is tans weer by so beslissende oomblik. Ons weet ons land staar baie probleme in die gesig.

“Die stand van die ekonomie, hoë werkloosheidsvlakke, maatskaplike euwels wat verwoesting saai in ons gemeenskappe, skandelike moorde van vroue en meisies, die stank van korrupsie en misbruik van staatsgeld het gemaak dat landsburgers vertroue in ons verloor het. Dít dreig om ons demokratiese winste om te keer.”

Ramaphosa het gesê hy sal in sy staatsrede Donderdag reguit praat oor sy planne oor bogenoemde vir die land.

Intussen het die FW de Klerk-stigting Dinsdag in ’n verklaring gesê dat Suid-Afrika 30 jaar ná Mandela se vrylating tans ’n meer rasgedrewe samelewing as ooit sedert 1994 is “waar vooruitsigte vir individue weer bepaal word deur hul ras en nie deur die inhoud van hul karakter nie”.

“Lelike rasse-stereotiperings word weer deur die regering gepropageer en politieke leiers is besig met opswepende retoriek wat skadelik teenoor minderhede is.”

Die stigting het ’n beroep op Suid-Afrika gedoen om “terug te keer na die weg van vryheid, verdraagsaamheid en nie-rassigheid waarmee ons 24 jaar gelede met soveel hoop en welwillendheid ons Grondwet opgestel het”.

Lelike rasse-stereotiperings word weer deur die regering gepropageer en politieke leiers is besig met opswepende retoriek wat skadelik teenoor minderhede is

Thandi Modise en Amos Masondo, die parlement se politieke hoofde, het gesê Suid-Afrika word lank ná Mandela se vrylating steeds geteister deur armoede en ongelykheid wat deur hoë werkloosheidsvlakke vererger word.

Volgens hulle is die parlement as deel van sy bydrae om bogenoemde te takel besig met wetgewende hervormings soos dié oor die onteiening van grond sonder vergoeding en die Nasionale Gesondheidsversekering.

Intussen het John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, ter ere van Mandela gesê dat daar geen beter tyd vir Ramaphosa is nie om sy staatsrede te gebruik om die “herset-knoppie te druk” deur sterk optrede aan te kondig om die land se mees drukkende probleme op te los.

Volgens Steenhuisen moet Ramaphosa, soos Mandela destyds, ook sterk optree teen diegene wat die land terugwaarts wil neem.

Meer oor:  Nelson Mandela  |  Cyril Ramaphosa  |  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.