Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gaan Ace land en ANC om verskoning vra?

Alle oë is op Ace Magashule, tydelik geskorste sekretaris-generaal van die ANC, om te sien of hy teen die einde van die week vir die ANC en Suid-Afrika om verskoning sal vra.

Dit weens sy optrede verlede week toe hy kort ná sy tydelike skorsing ook vir pres. Cyril Ramaphosa as ANC-president “geskors” het.

Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal wat in Magashule se plek waarneem, het Dinsdag op ’n nuuskonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg bekend gemaak dat daar aanvanklik tydens die afgelope naweek se spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) voorgestel is dat hy “binne 48 uur” om verskoning moet vra.

“In die NUK self is daar egter geen tydlyn gegee nie. Ons hoop dat die sekretaris-generaal dit nog binne hierdie week sal doen. Ons raai hom aan om dit te doen.”

Indien nie, sal verdere tugstappe teen Magashule volg.

Magashule was nie Dinsdag vir kommentaar beskikbaar nie.

In die NUK self is daar egter geen tydlyn gegee nie. Ons hoop dat die sekretaris-generaal dit nog binne hierdie week sal doen. Ons raai hom aan om dit te doen.

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-militêreveteranevereniging en Magashule se groot politieke bondgenoot, het egter gesê Magashule se “voorkeur is om intern teen sy tydelike skorsing te appelleer”.

“Hy konsulteer egter deurentyd sy regspan en oorweeg regstappe sou sy appèl misluk.”

Dr. Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder van die Nelson Mandela-Universiteit, meen egter Magashule is in ’n baie moeilike posisie omdat die ANC met sy tydsraamwerk “eintlik ’n lang tou aan hom oorhandig het om homself verder mee te hang”.

Intussen blyk dit dat adv. Bongani Bongo, die ander NUK-lid wat Ramaphosa Maandag in sy NUK-verklaring genoem het wat ook sy pos moes ontruim, dit gedoen het.

LP’s is Dinsdagoggend tydens die aanvang van ’n sitting van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake, waarvan Bongo die voorsitter is, ingelig hy is “met verlof”.

’n Waarnemende voorsitter is verkies om die komitee se werksaamhede voort te sit.

Duarte het Dinsdagmiddag gesê dat die NUK besluit het dat Magashule aan die hele ANC-gemeenskap én Suid-Afrika om verskoning moet vra weens sy “skorsing” van Ramaphosa.

“Dít omdat sy brief om ’n sittende president te skors baie erge gevolge kon gehad het. Mense het uit ander lande gebel om dit te bevestig. Daarom moet hy dit terugtrek.”

Duarte het dit ook duidelik gemaak dat die ANC se opsystaan-besluit nie vir Magashule teiken nie omdat die NUK einde Maart besluit het dat alle ANC-lede wat in ’n hof teregstaan weens korrupsie en ander ernstige misdaad hul poste ná 30 dae vrywillig moes ontruim.

Magashule en diegene wat dit nie gedoen het nie, het verlede Woensdag hul skorsingsbriewe ontvang.

Dít omdat sy brief om ’n sittende president te skors baie erge gevolge kon gehad het. Mense het uit ander lande gebel om dit te bevestig. Daarom moet hy dit terugtrek.

Sy het bygevoeg dat buiten Magashule en Bongo wat in die NUK dien, meer as 30 ander ANC-lede uit al die provinsies óf vrywillig afgestaan óf hangende hul hofsake geskors is.

Duarte het ook erken dat die ANC sedert die inwerkingtreding van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye in April vanjaar finansieel sukkel.

Dit is ’n strategie om Magashule verder in ’n hoek te dryf. As hy nie om verskoning vra nie, sal dit ’n besluit regverdig om hom permanent uit die party te skop.

Volgens haar ervaar die ANC kontantvloeiprobleme omdat die party se “tradisionele” finansierders huiwerig is om skenkings te maak omdat hulle weens die wet nie langer anoniem kan bly nie. Duarte glo nie dat die ANC hieroor sal inplof nie.

Breakfast het verder gesê dat die verskoning-besluit deeglik deur die NUK deurdink is.

“Dit is ’n strategie om Magashule verder in ’n hoek te dryf. As hy nie om verskoning vra nie, sal dit ’n besluit regverdig om hom permanent uit die party te skop.”

Meer oor:  Nuk  |  Ace Magashule  |  Korrupsie  |  Opsystaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.