Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gaan huis toe, Zuma gaan nie tronk toe

Joernaliste wat buite Nkandla saamdrom, moet huis toe gaan, want oudpres. Jacob Zuma sal beslis nie tronk toe gaan nie.

Ondersteuners het Sondagoggend vir joernaliste, wat oor verrigtinge buite Nkandla berig, geskree om op te pak en huis toe te gaan.

“Gaan sê vir jul base dit gaan nie gebeur nie (dat Zuma tronk toe gaan). Julle kan maar huis toe gaan,” sê die ondersteuners.

Duduzane Zuma is buite Nkandla opgemerk. Foto: Mlungisi Louw

Zuma se ondersteuners is besig om in groot getalle by Nkandla in KwaZulu-Natal op te daag waar Zuma na verwagting om 18:00 ’n mediakonferensie sal hou.

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-militêreveteranevereniging (MKMVA), het Sondagoggend in Eshowe aan Netwerk24 gesê dat Zuma se mediakonferensie moontlik vervroeg kan word.

’n Verhoog is nou op ’n grasperk van Nkandla opgeslaan nadat dit Saterdagaand afgebreek is.

Daar was ook Saterdagaand groot feesvieringe by Nkandla met ’n bees wat vir die vieringe ingery is.

Zuma se seun Duduzane het ook by Nkandla se hoofhek ingestap. Hy is deur lyfwagte en ondersteuners begelei.

Netwerk24 verneem ook dat Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), en Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, is binne Nkandla by Zuma.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Tronkstraf  |  Nkandla  |  Hof  |  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.