Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gaan jul feite na, vra Zondo aan die media

Die media moet hul feite nagaan en regverdig verslag doen, het adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, Dinsdag gevra.

Zondo het verwys na ’n berig in Business Day van 4 Oktober waarin beweer word dat vrae vooraf aan oudpres. Jacob Zuma gestuur sou word wat hy met sy volgende getuienis voor die kommissie sal beantwoord.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.Foto: Felix Dlangamandla

Luidens die berig is ’n dokument van 11 bladsye met 80 vrae aan hom gestuur.

Zondo sê met die lees van die berig lyk dit asof die kommissie van mening verander het oor of Zuma vooraf vrae mag kry voordat hy voor die kommissie verskyn.

Die kommissie het nie enige vrae aan Zuma se prokureurs gestuur nie, sê Zondo.

’n Dokument van 11 bladsye is wel deur adv. Paul Pretorius SC, getuienisleier van die kommissie, aan Zuma se regsverteenwoordigers gestuur soos ooreengekom op 19 Julie 2019. Zondo het die voorwaardes van die ooreenkoms in die openbaar bekend gemaak.

Zondo sê enigiemand wat na die voorwaardes geluister het, of enigiemand wat na die opname van die dag se sitting luister, sal besef daar is geen melding daarvan dat vrae aan Zuma gestuur sou word nie.

Zondo sê hy dink dit is belangrik om die feite te stel. As ’n mens bloot die dokument sou lees, sou jy sien dit bevat geen vrae nie. Dié dokument sal nou algemeen beskikbaar gestel word. Dit bevat geen vrae nie, maar noem wel die temas waaroor vrae aan Zuma gevra sal word.

Hy het versoek dat die media hul feite nagaan en regverdig teenoor almal is, ook teenoor die kommissie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.