Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gautengse DA-leier sê SA moet ‘berouvolle’ FW vergewe
Oudpres. FW de KlerkFoto: Jaco Marais

Die beroep dat oudpres. FW de Klerk se Nobelprys van hom af weggeneem moet word oor sy uitlating oor apartheid, “is ’n stap te ver”, sê John Moodey, Gautengse DA-leier.

Moodey het ook gevra dat Suid-Afrikaners die voormalige staatsman vergewe.

De Klerk het opnuut deurgeloop onder kritiek nadat hy aan SAUK Nuus gesê het apartheid was nie ’n misdaad teen die mensdom nie.

Die FW de Klerk-stigting het later dié opmerking teruggetrek en om verskoning gevra “vir die verwarring, woede en seer wat dit veroorsaak het”.

Die stigting het dit ook erken dat apartheid wel ’n misdaad teen die mensdom was, volgens die Verenigde Nasies se definisie daarvan.

Nobelprys-veldtog

Adv. Dali Mpofu van die EFF het Maandag met ’n veldtog begin om De Klerk se Nobelprys vir Vrede van hom af weg te neem nadat dit in 1993 aan hom en oudpres. Nelson Mandela toegeken is.

Hoewel Moodey toegee dat hy “diep aanstoot gevind het oor De Klerk se ontkenning”, sê hy die oudpresident het “berou” getoon.

“By monde van die De Klerk-stigting het die voormalige president die kwetsende opmerking teruggetrek en om verskoning gevra. Ek vergewe hom,” sê Moodey in ’n verklaring.

“Ek glo nie dat sy bydrae tot ’n vreedsame Suid-Afrika uitgewis moet word nie.”

Dit blyk egter dat nie almal in die DA Moodey se siening deel nie. Zwakele Mncwango, DA-leier in KwaZulu-Natal, het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om leiding te neem met die veldtog om De Klerk se Nobelprys van hom af weg te neem.

“Al die jare het ek gedink hy was opreg, en selfs sy stigting het sy opmerkings verdedig, wat beteken dat hulle ook geglo het hy was reg. Die verskoning is soort van vals, want hy het net om verskoning gevra onder die druk van Suid-Afrikaners en die buitelandse gemeenskap,” het Mncwango aan IOL gesê. News24.


Meer oor:  John Moodey  |  Cyril Ramaphosa  |  Fw De Klerk  |  Nobelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.