Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Geen besluit nog geneem oor vlak 2 – Mkhize

Geen besluit is in die stadium geneem oor of Suid-Afrika binnekort na vlak 2 van die staat van inperking sal beweeg nie, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Mkhize het dit Vrydagoggend gesê toe hy saam met Rodolfo Benitez Verson, Kuba se ambassadeur in Suid-Afrika, ’n aanlyn nuuskonferensie toegespreek het oor die rol en impak van die Kubaanse dokters wat in verskeie provinsies ontplooi is om Suid-Afrika te help om die Covid-19-pandemie te bestry.

Mkhize is op ’n vraag-en-antwoordsessie gevra of Suid-Afrika gereed is om na vlak 2 te beweeg.

Hy het in reaksie gesê dat die Covid-19-bevelsraad onder leiding van pres. Cyril Ramaphosa nog in gesprek daaroor is.

“Ons sal deur die bevelsraad hieroor gelei word. Daar is egter nog baie konsultasies daaroor.

“Met die infeksiesyfers wat nog styg, is daar sekere aanpassings wat gemaak moet word. Die president sal ons egter ten volle daaroor toespreek as hy ’n aankondiging daaroor maak. Vir nou is geen besluit nog oor vlak 2 geneem nie,” het Mkhize gesê.

• Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Koronavirus  |  Vlak 2  |  Covid-19  |  Zweli Mkhize
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.