Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Geen sentrale plan om boere te vermoor – Roets

“Nee, ek glo nie daar is ’n grootskaalse, sentrale plan om boere te vermoor nie,” het Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, Dinsdagaand gesê ná sy toespraak vroeër die dag by Nampo waarin hy verwys het na gerugte wat die ronde doen oor direkte politieke betrokkenheid by plaasmoorde.

“Wat my meer bekommer as ’n groter plan waarvoor ek geen bewyse kon kry nie, is die aanhoudende klimaatskepping teen boere,” het Roets by navraag oor sy stellings op Nampo gesê.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum

Volgens Roets is daar “enkele gevalle” waar dit lyk asof daar direkte regering of polisiebetrokkenheid by plaasmoorde is, maar hy kon geen bewyse kry vir ’n nasionale plan nie.

Hy het navorsing oor plaasmoorde gedoen vir sy boek Kill the Boer wat einde volgende maand bekend gestel word.

Die boek gaan oor ’n soeke of daar regeringsaandadigheid by plaasmoorde is. Daar word volgens Roets maklik in Suid-Afrika verwys na ’n derde mag, maar hy kon geen “tasbare bewyse” kry nie.

In sy toespraak by Nampo het Roets verwys na ’n gesprek met 'n lid van die 28-tronkbende waarin die lid sê dat Julius Malema in die tronk met hulle kom praat het.

Hy het glo gesê as die bendelede uit die tronk vrygelaat word en wapens soek, dan wil die EFF hê hulle moet boere vermoor.

Volgens Roets is die opname van die gesprek verlede jaar uitgesaai op die TV-program Carte Blanche. Roets self het met iemand in die tronk gepraat wat beweer het dat hy as ANC-lid opdrag gekry het om ’n sekere boer te vermoor.

“In die laaste hoofstuk van my boek kom ek tot die gevolgtrekking dat daar tien redes is waarom daar aangevoer kan word dat die regering aan plaasmoorde aandadig is.”

Malema kon nie Dinsdag vir kommentaar oor die bewerings teen hom bereik word nie.


Meer oor:  Ernst Roets  |  Nampo  |  Sentrale Plan  |  Boere  |  Afriforum  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.